Baba in brandweerwa gebore

’n Gesonde babaseuntjie het Maandag in Edenvale aan die Oos-Rand onverwags sy opwagting in ʼn brandweerwa gemaak. (Foto: Verskaf)

’n Gesonde babaseuntjie het Maandag in Edenvale aan die Oos-Rand onverwags sy opwagting in ʼn brandweerwa gemaak.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, sê brandbestryders was Maandag teen 16:20 op pad terug na die Edenvale-brandweerstasie toe hulle ’n swanger vrou in haar 20’s langs die pad teëgekom het.

Die vrou was reeds in kraam toe hulle haar op die hoek van Van Riebeeck- en 7de Straat aangetref het.

Die brandweermanne het die vrou inderhaas in die brandweerwa gelaai en na die Edenvale-brandweerstasie gejaag om haar daar mediese sorg te gee. Voordat die vrou egter by die brandweerstasie ingehelp kon word, is die baba in die brandweerwa gebore.

Volgens Ntladi het die vrou en haar pasgebore baba die nodige mediese sorg in die ambulans ontvang op pad na die Edenvale-hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ellisras ·

Vriend van my is 100m van die huis af in op die agter sitplek gebore. Ek moet ‘n skuilnaam gebruik. Die man is nou nog sensitief oor dit.
Enige een met ‘n soortgelyke storie?

Cherokee ·

Ja, daar is ook die insident van toe juffrou een vir een aan die graad eens vra waar hulle gebore is. Jannie het gesê hy is op ‘n rugbyveld gebore. Toe juffrou hom daarna uitvra het hy erken dat hy in ‘n hospitaal gebore is maar as hy so sê sal die ander kinders dalk dink hy is ‘n sussie.

Lelanie ·

Die artikel is nie akkuraat nie. Die vrou was bygestaan deur n maatskaplike werker v Edenvale genaamd Jaimee. Sy het n lid v publiek gebel wat daarna mamba sekuriteit gebel het. Die man v mamba, Brett Napier het vrou en maatsk werker na Edenvale brandweer geneem en daar het Brett die baba ” gevang” in die brandweer wa met die maatsk werker wat hom gehelp het. Eers na die tyd het die nood dienste die vrou en baba na Edenvale hospitaal geneem. Ek was daar en het foto’s om die weergawe te staaf. So al die eer moet na Mamba se Brett en Jaimee v edenvale child welfare gaan

Daniela Carstens ·

Hi, ek was daar op die dag. Die baba was Dinsdag eers geboore… En een van Die man’s van Die security Mamba het die ma deur kraam gehelp en hy het die baba gevang. Sy naam is Brett. Hy was bygestaan deur n maatskaplike werker Jaimee Penny en lede v afriforum Edenvale.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.