ʼn Baba se liggaampie is Dinsdagoggend verwaarloos gevind in ʼn straat in Durban.
“Paramedici is omstreeks 11:00 na die toneel in Esther Robertsweg ontbied,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, gesê. “Die babatjie is in ʼn plastieksak langs die pad gelos. Paramedici het die babatjie ondersoek, maar die baba was reeds oorlede.”
Die liggaam is aan Umbilo-polisie oorhandig vir verdere ondersoek.
Die omstandighede van die verwaarlosing is nog nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.
Hoe wreed. Nie eens ‘n dier gooi haar kinders so weg nie.
Hang haar … sy kon toevlug vir die arme baba gekry het .. hoe gooi jy iets so kosbaar wat God aan jou gegee het weg. Jy verdien nie om te lewe nie
Ja – dit is moord!
Hel het ‘n spesiale area vir hierdies
Arme, arme babatjie!!
Wat bedoel MM met “liggaampie verwaarloos gevind”? Moet dit nie eerder verlate, soos in weggegooi, wees nie? En die laast sin sê dat die omstandighede van die verwaarlosing nie bekend is nie. Moet dit nie eerder die omstandighede van die dood of moord/manslag wees nie? Waarom vergrype teen kinders so sagkens stel?
Maar glo my….. sy kry die “grant”
Wie ken die wanhoop van n vrou wat weet sy het geen heenkome vir haarself nie, wat nog te se n kind. Miskien was die kind die nagevolg van n verkragting Ek hoop net dat vroue meer en meer sal gebruik maak van voorbehoedmiddels wat hulle by enige regeringskliniek kan bekom. Die tipe wandade sal dan hopelik afneem.
Verkrag of nie, GEEN baba verdien om in plastiek sak weggegooi te word nie. Daar is hoeveel kinder huise. Dis n skande hoe vrouens van babas ontslae raak.