Baba in Durban weggegooi

Die toneel waar die baba se liggaampie op 27 Desember 2016 in Ester Roberts-weg in Durban gevind is Foto: Rescue Care

Die toneel waar die baba se liggaampie op 27 Desember 2016 in Ester Robertsweg in Durban gevind is Foto: Rescue Care

ʼn Baba se liggaampie is Dinsdagoggend verwaarloos gevind in ʼn straat in Durban.

“Paramedici is omstreeks 11:00 na die toneel in Esther Robertsweg ontbied,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, gesê. “Die babatjie is in ʼn plastieksak langs die pad gelos. Paramedici het die babatjie ondersoek, maar die baba was reeds oorlede.”

Die liggaam is aan Umbilo-polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

Die omstandighede van die verwaarlosing is nog nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Annie ·

Hang haar … sy kon toevlug vir die arme baba gekry het .. hoe gooi jy iets so kosbaar wat God aan jou gegee het weg. Jy verdien nie om te lewe nie

Woes ·

Arme, arme babatjie!!
Wat bedoel MM met “liggaampie verwaarloos gevind”? Moet dit nie eerder verlate, soos in weggegooi, wees nie? En die laast sin sê dat die omstandighede van die verwaarlosing nie bekend is nie. Moet dit nie eerder die omstandighede van die dood of moord/manslag wees nie? Waarom vergrype teen kinders so sagkens stel?

Nita ·

Wie ken die wanhoop van n vrou wat weet sy het geen heenkome vir haarself nie, wat nog te se n kind. Miskien was die kind die nagevolg van n verkragting Ek hoop net dat vroue meer en meer sal gebruik maak van voorbehoedmiddels wat hulle by enige regeringskliniek kan bekom. Die tipe wandade sal dan hopelik afneem.

KarelKat ·

Verkrag of nie, GEEN baba verdien om in plastiek sak weggegooi te word nie. Daar is hoeveel kinder huise. Dis n skande hoe vrouens van babas ontslae raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.