Baba in fratsongeluk doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Eenjarige babadogtertjie, wat deur haar oom en tannie versorg is nadat haar ma (die vrou se suster) onlangs oorlede is, is doodgeskiet terwyl haar oom sy wapen beveilig het.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Donderdag om 07:00 plaasgevind.

“Die 45-jarige wildbewaarder van Addo-Olifantpark het voorbereidings getref vir skietoefeninge op Arizona Farm in Paterson,” het Beetge gesê.

Volgens hom was die man, sy 42-jarige vrou en die dogtertjie in hul slaapkamer toe hy sy wapen probeer beveilig het.

“Volgens die wildbewaarder én sy vrou het hy die magasyn verwyder, asook die wapen wat aan ʼn geweerband aan sy skouer gehang het. ʼn Skoot het afgegaan en die koeël het sy vrou en die dogtertjie getref.”

Die dogtertjie is op die toneel oorlede.

Sy vrou is na die Livingstone-hospitaal geneem met ʼn wond aan haar arm.

Die man is nie in hegtenis geneem nie, maar ʼn saak van moord en poging tot moord is aanhangig gemaak.

“Ballistiese en forensiese toetse is uitgevoer en die uitkomste van daardie verslae sal aandui hoe die ondersoek van hier af sal verloop. Ander klagte ingevolge die Vuurwapenbeheerwet kan dalk ook bygevoeg word,” het Beetge gesê.

Genl.maj. Dawie Rabie, bevelvoerder van die Motherwell-polisiëringsgebied, het gesê beamptes en forensiese kenners wat die toneel besoek het, was geskok en hartseer oor die dogtertjie se dood.

“Vuurwapeneienaars moet altyd uiters versigtig wees wanneer hulle hul wapens hanteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gesiggie ·

Ek wil nie van sulke dinge lees… want ek vra altyd.. Hoekom Here… sy het haar Mamma verloor, en nou deur n ongeluk is sy ook dood. Ek kan net dink hoe die man moet voel, geen geweer moet naby kinders hanteer word, maak nie saak wat jy wil doen, n ongeluk kan baie vining gebeur… soos al gehoor van ander? die duiwel laai die geweer… dit is baie hartseer .. sterkte aan die Oom en Tannie

Piet ·

Die doel van korrektiewe dienste is om n persoon se gedrag te “korrigeer”. Wanneer jy dus opgesluit word, dan sal jy nie weer so iets doen nie (in ‘n idiale wereld). Dit is ook om n gevaar uit die samelewing te verwyder. Verder dien dit as straf om die slagoffer(s) te kompenseer. Ek dink nie die persoon sal nog iemand skiet nie, wat wil jy bereik as jy hom straf/toesluit?

Rikag ·

So tragies bid vir julle mag die Vader oor julle waak en jul hande styf vashou vir die hartseer wat voorle. So jammer dit het gebeur. ??

jeanne ·

wie maak jou geweer gereed by kinders in dieselfde vertrek dis onverskillig en nalatig a nee a

Piet ·

Ek le in die aand in tv kyk saam met my twee kinders langs my. My rewolwer is altyd reg vir aksie. Ek reken ek is een van daardie “nalatige” mense waarvan jy praat, moet net nie by huis in stap as jy nie gereel het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.