Baba in gras langs huis gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgebore baba is in ʼn plastieksak buite ʼn huis in Stilfontein, Noordwes, gevind.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 18:30 Vrydagaand na die huis ontbied nadat die huiseienaars die pasgebore baba gevind het.

Volgens die huiseienaars het hulle by die huis gekom van die werk af toe hulle ʼn kind hoor huil het. Die baba is in lang gras naby die huis gevind. Hy was in ʼn plastieksak toegebind.

Paramedici het die bab ondersoek en vasgestel hy kan nie meer as ʼn paar uur oud wees nie. Hy is egter gesond en is na die Klerksdorp-hospitaal geneem vir waarneming.

Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

chantelle ·

Die wreedheid met pasgebore babas die laaste tyd is iets om van naar te word!!!so onskuldig,hoe hartloos moet jy wees om so iets te doen,wreede dood vir babas wat so in sakke gelos word

DPJ ·

Chantelle, Jy pas nou westerese standaarde toe. Wie sê dit is ‘n westerling kind. Jy kan geen aannames maak nie. Kulture verskil van mekaar. Oosterling eet byvoorbeeeld hulle eie babas maar almal moet by jou standaarde aanpas. Nee sies dit is nie mooi nie.

Lynette ·

Ek kan nie glo dat dit in enige kultuur aanvaarbaar is om n baba in n plastieksak te sit en hom weg te gooi nie.

Leeutjie ·

DPJ hoekom het Chantelle ‘n sies gekry? Daar is niks snaaks wat ek lees in haar skrywe nie??

François ·

Dis nie die 1ste soortgelyke geval hierdie week nie. Poling tot moord, sou ek sê?!

François ·

DPJ, bly jý liewers stil! Moenie jý Oosterling standaarde hier wil regverdig nie! Hierdie land is nie ‘n Oosterse nasie nie!

PJ ·

Wonder of dit nie te doen het met die”grant” nie weet nie presies hoe dit werk maar word geboorte sertifikate nie in hospitaal uitgereik nie so as jy sertifikaat het kry jy “grant” al is kind nie meer daar nie

Stella ·

My hart breek oor hoe siek ons wereld geword het! Kan ons nie maar net saamstaan en bid dat ons Hemelse Vader moet ingryp nie – dit is al die soveelste artikel oor babas wat vir die dood gelos word! Ras en kultuur het absoluut niks hiermee uit te waai nie, dis alles die hart van die persoon wat dit doen, hoe doen mens sulke goed aan babas, oumense en diere! Dis om van siek te word!

Cathy Kotze ·

Hoeveel van hierdie babas is die gevolg van ‘n verkragting? Suid-Afrika het van die hoogste verkragtingsyfers ter wêreld.

Wat met die baba gebeur het is verskriklik, en ek dank die vader dat die mensie leef en blykbaar in goeie gesondheid is. Maar ek sal ook graag die ma se kant van die storie wil hoor.

Ons moet probeer om nie te gou verwyte te slinger nie. Min van ons besef wat werklike desperaatheid is.

Nina ·

Daar is soveel ‘ouers’ wat nie hulle kinders wil hê nie, maar om jou kind sommer in ‘n sak te gooi asof hy/sy vullis is, is nie reg nie. Gaan los eerder jou kind by die polisie stasie of kinderhuis, of bel die welsyn

Bernie ·

Wens so hulle kan die baba na my huistoe bring ek sal hom grootmaak.

Jacoba ·

Bernie ja klink reg …weet net jy gaan BAIE gereed moet wees die PROBLEEM raak by die sekonde GROTER.

CHRISTA ·

Ons standaarde is so skeef!!! Net die week wat verby is, was daar ‘n groot kabaal op 702 oor vroue wat miskrame gehad het en omdat hulle dooie babas as “medical waste” hanteer is omdat die fetus nie eers 6 maande oud was nie. Maar hier word LEWENDIGE, GESONDE BABAS soos “medical waste” behandel. Ons dink meer en behandel dooie mense/babas in ons land beter as lewendiges!!! WAT GAAN AAN?

pop ·

Die vreeslike goed wat in ons land aangaan het nie einde. Alles van die duiwel af. Dit skreeu alles ten hemele!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.