Baba in hoësorgeenheid ná hy byna verdrink

Aiden Roberts. Foto: Verskaf

Aiden Roberts. Foto: Verskaf

Die 18-maande oue baba van Middelburg in Mpumalanga wat Dinsdag byna in ʼn swembad verdrink het, is in die hoësorgeenheid van ʼn Johannesburgse hospitaal opgeneem.

Die baba, Aiden Roberts, is Dinsdagmiddag deur sy ma, Clarise, in die swembad by hul huis in Jacarandastraat gekry. Clarise het Woensdag aan Maroela Media gesê Aiden word vir die volgende 72 uur onder verdowing gehou in die Netcare Garden City-hospitaal. “Hulle sal hom daarna weer bybring om te sien of hy enige breinskade het,” het sy gesê.

“Hy is tans stabiel, maar sy bloeddruk spring bietjie rond. Hy reageer glad nie op pyn of as ons aan hom vat nie. In dié stadium is die kans op breinskade 50-50. Ons sal moet wag om te sien.”

Clarise vertel dat sy en haar man, André, winkel toe gery het en Aiden by haar skoonouers gelos het. “My skoonma-hulle was egter onder die indruk dat Aiden saam met ons gery het en toe my skoonpa uitgaan om die honde kos te gee, het hy die agtertuin se hekkie oopgelos. Ek het ʼn paar minute daarna by die huis gekom en my kind in die swembad gekry.”

Clarise se skoonpa het dadelik ingespring om Aiden uit te trek en mond-tot-mond-asemhaling toe te pas. Na ʼn rukkie het paramedici opgedaag en Aiden na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas. Hy is kort daarna per helikopter na Johannesburg geneem.

“Ons probeer onder die omstandighede om sterk te bly. Ons bid maar vir die beste. Dit is baie moeilik,” het Clarise gesê.

Aiden het nie ʼn mediese fonds nie en die familie het ʼn trustfonds gestig om sy mediese onkoste te dek. Skenkings kan by die volgende rekening inbetaal word:

Aiden Roberts Mediese Trust
Eerste Nasionale Bank (FNB)
Tjekrekening
Rekeningnommer: 62535261060

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jacky Kidwell ·

If your struggling to fall asleep for any reason please take this time to say a prayer for precious little Aiden Roberts. He is fighting for his life right now. Your prayers are valuable right now. Thank-you! xx

Petro ·

Liewe Familie van aiden sterkte ek wens ekt woorde gehad om julle seer te verbeter.Aiden ONSE HEMELSE PAPPA gaan jou hier deur dra sterk wees seuna en veg so n tragiese ongeluk met so ou pragtige dingetjie. Julle het my gebede.

anzelle ·

Ek dink aan julle en weet Aiden gaan fine wees. Julle sal sien!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.