Baba in hospitaaltoilet agtergelaat

Die babatjie wat agtergelaat is. Foto: Verskaf

Die polisie het Dinsdag ʼn beroep op die publiek gedoen om beamptes by te staan om ʼn saak van kinderverwaarlosing te ondersoek.

Kol. Thembeka Mbhele, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die ondersoek volg nadat ʼn babadogtertjie, vermoedelik een maand oud, in die toiletgeriewe van die Addington-hospitaal in Durban agtergelaat is.

“Die baba is op 28 Junie om 07:00 deur ʼn verpleegster gevind. Sy was met ʼn pienk kombersie toegedraai en gesond,” het Mbhele gesê. Die verpleegster het die polisie ontbied en die baba is na ʼn plek van veiligheid geneem.

Die Durban-Sentraal-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) poog om die kind se biologiese ma op te spoor. Mense wat weet wie sy is, word versoek om sers. Buhle Masondo by 031 325 4142 of 071 875 9834 te bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Waarom ·

Waarom die kind se ma probeer opspoor (behalwe om haar te vervolg)? Sy wil duidelik nie die kind hê nie! Gee eerder die kind vir ‘n kinderlose paartjie wat smag na hul eie kind en die kindjie met liefde sal grootmaak.

Wonder ·

Ek ondervind harde harte onder ons. Ek wens mense wil ophou om so foutsoekerig te wees oor hoe berigte geskryf word. Vestig eerder julle aandag by die saak waaroor die berig gaan en toon bietjie meer medemenslikheid en omgee. Dan sal hierdie land van ons verseker vooruitgaan.

Nettie ·

Terwyl die “weggooi” van ‘n babatjie nooit goedgepraat kan word nie, het die ‘ma’ (ek sit dit in aanhalingstekens, want ‘n ware ma sal nooit haar kind weggooi nie) darem die teenwoordigheid van gees gehou om die baba in die badkamer van ‘n hospitaal te gaan los, waar sy gevind sou word.

Ander “ma’s” gooi hul babas sommer in puttoilette of op ashope. Moenie bodder om dié ‘ma’ te vind nie; sy het duidelik vir een maand probeer om na die baba om te sien, maar kon dit nie doen nie; kry ‘n pleeg- of aanneemouer vir die kindjie.

Daar is 1000’e mense daar buite wat smag na ‘n babatjie. En blanke mense moet ophou om net hul voorkeur-baba (wit) te wil hê. Daardie ou dingetjie is nét so mooi en nét so behoeftig aan liefde en goeie versorging. Sy het nie gevra om gebore te word nie. Ek sal enige tyd ‘n swart- of kleurlingbaba aanneem, as ek net aan die vereistes voldoen (wat ek nie doen nie – te oud, ongetroud en ‘n diabeet).

Wonder ·

Leeutjie, dit was darem gaaf van die ma, nê? Dis nog steeds onverskoonbaar om jou kind net so te los.

Alida ·

Hoekom tyd mors om die ma te soek? Sy wil nie die kind he nie en klaar. Gee haar vir iemand wat n kind wil he. Hospitaal is beter as die ashoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.