Baba in ouma se motor gebore

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Babadogtertjie is Vrydagaand in haar ouma se motor in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, gebore.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die ouma het die gesin in haar motor hospitaal toe vervoer. Hulle het op pad na die hospitaal ʼn paramedikus van ER24 in Old Howick-weg teëgekom en sy hulp gevra.

Volgens Bodasing het die paramedikus die swanger vrou op die motor se agterste sitplek aangetref waar sy reeds in kraam was. Die paramedikus het die babadogtertjie in die lewe help bring voordat die ma en kind na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Bodasing het gesê dit gaan goed met albei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Indien ‘n Ford Cortina kan haar naam wees Corra of Tina.
‘n Toyota, dan Toy. ‘n Chevrolet, dan Lettie.
Of net Wagnie want sy kon nie wag nie.

KarooKlong ·

As dit ‘n Isuzu was? Sommer net Parra want ‘n Paramedikus het haar in die lewe gebring.

Peet Schabort ·

Het nie geweet ‘n karoobossie kan só skerp wees nie . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.