Baba in plastieksak in Kaapse see gevind

strand_sand_golwe_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

ʼn Babaseuntjie wat wonderbaarlik oorleef het nadat hy sowat ʼn maand gelede gevind is waar hy in ʼn plastieksak in die see dryf, het merkwaardig herstel.

Die seuntjie is die oggend van 16 November omstreeks 06:30 by die Muizenberg-strand in Kaapstad gevind. ʼn Vrou het dié oggend op die strand gestap toe sy ʼn groen plastieksak in die see sien dryf het.

Sy het besluit om die sak uit die water te bring, omdat sy nie wou gehad het die sak moet die see besoedel nie. Dit is toe dat sy ʼn babaseuntjie toegedraai in ʼn kombers in die sak vind.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is na die toneel ontbied. By hul aankoms was paramedici reeds op die toneel besig om die pasgebore baba te behandel. Die pienkvoet is gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

Hy is later na die Mowbray-kraamhospitaal oorgeplaas. Volgens Van Wyk is die baba steeds in die hospitaal, maar hy is gesond en stabiel.

Intussen berig Good Things Guy Janet Perrot, ʼn inwoner, het met haar vriendekring saamgespan om vir die seuntjie klere, doeke en ander bababenodighede in te samel. Die seuntjie sal in die departement van maatskaplike ontwikkeling se sorg geplaas word wanneer hy ontslaan word waarna die proses sal begin om vir hom pleegouers te vind.

Perrot het aan Good Things Guy gesê sy het ʼn versoek aan die maatskaplike werker gestuur dat die seuntjie Christopher Moses gedoop word.

“St. Christopher is die beskermheilige van reisigers en die kleinding het nog ʼn lang reis wat voorlê. Moses is ook in ʼn mandjie gevind, so dit voel soos ʼn gepaste tweede naam,” het Perrot gesê.

Van Wyk sê ʼn saak van poging tot moord en verberging van geboorte word ondersoek.

Enigiemand met meer inligting word versoek om ao. Henry Abrahams by 082 522 1080 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Petronella Du Bruyn ·

Ek het nie woorde nie. Ek huil hier waar Ek sit terwyl my 6 maande oue baba op my bors slaap. Hoe kan n mens so wreed wees?? Jy gaan erg gestraf word. Gee dan eerder die baba op as wat hy soos niks in die see gegooi word. Dit is vreeslik!!!!

Penellope Jones ·

Ek sal Nooit so iets kan verstaan nie, Nooit nie.
As ‘n baba ongewens is, gee babatjie op vir aanneming, maar asb MOENIE doen aan onskuldige babas wat ons hier bo lees en wat NIE gevra het om gebore te word nie.
ASB.

Alma ·

Sies tog, die outjie is voorwaar seker bestem vir groot dinge, om so iets te kan oorleef! So bly hy is ok, bid die res van sy lewetjie sal net voorspoedig wees.

J ·

Die Here se genade is werklik GROOT mag dai seun n voorspoedige geseende lewe he

Angelique ·

Soos ek lees, sit ek en dink, die kindjie se naam moet Moses wees. Dit is so hartseer maar God het “Moses” beskerm.

Elsa ·

ma sal opgespoor word
berig preaat van “pienkvoet” nou is dit ‘n seuntjie?

Liezl ·

Pienkvoet verwys na ‘n babatjie of ‘n klein kindjie. Beteken nie dit moet ‘n dogtertjie wees omdat die woord pienk daarin is nie.

VanAfrika ·

Ai Elsa ek het nou regtig nie woorde nie. Dis soos Liezl sê, pienkvoet verwys na n baba, net n troetel naampie vir die kleingoed.

Colin ·

Mense is absoluut siek, maar vat verwag mens as almal wegdraai van die Here af en doen wat goed is in hulle eie oë? Ek hoop die vrou wat die seuntjie gevind het neem hom aan as haar eie.

sus ·

ons almal kan maklik oordeel, ek ook, maar vanoggend sit ek en wonder wat dit van daardie mamma gevat het (as dit sy was wat die baba in die see gegooi het) om dit te doen. Hoekom? Was sy by haar positiewe? Of tot in haar diepste wese net verward, bang, moedeloos ….
Dié saak is tussen haar en God, nie tussen haar en ons nie ….

Charlene Schoeman ·

Jy is reg dis haar saak tussen haarself en God. Maar steeds…. Sy kon die kind voor enige winkel deur neergesit het. By n restaurant vgelos het waar beweging is van mense wat omgee… As sy dan nie regtig nie die formele handelinge wou volg nie… Maar het sy nou regtig gedink die see is die beste roep?

Daan ·

Ek sien jy’s dieselfde “sus” wat die pa wat sy 3 kinders koelbloedig vermoor het ook te verdedig, syt n babatjie probeer versmoor/verdrink. Maak nie saak wat nie, daar is GEEN verskoning nie, “sy was nie tenvolle by nie” so what, dis nie n verskoning nie. Dit kom van wil die daad doen maar nie die gevolge nie. Hul moet haar opspoor en haar gesig moet landsyd bekend gemaak word.

Lucinda ·

Dit breek van hart. Kinders is die lewe se grootste seëning. As jy nie kinders soek nie – daar is baie maniere om dit te voorkom. Geen baba / kind / mens verdien dit nie.

linda limbo ·

#5c
ek lees ook maar al die kommentaar
en ek het ‘n paar miskrame gehad en al die drama van ‘n stil geboorte…
ek wil net weet wat laat jou dink die mamma het die baba weg gegooi?
was dit dalk die pa?
dalk ‘n tiener swangerskap?
my lewe sal betekenloos wees sonder die kiddies wat die Here aan my geskenk het!!!!
hoe erg dit ookal is ons mag nie oordeel, mag hierdie kind ‘n baken van hoop en liefde word
die mamma sal in elk geval nooit saam haarself kan lewe nie………..

Peer ·

Ja ek mag oordeel, of dit die ma of pa of tienerswangerskap, watokal, n persoon wat n kind, n babatjie probeer vermoor, al wat ek se, daar is n spesiale plek na dood vir die.

Charlene Schoeman ·

Jy is reg dis haar saak tussen haarself en God. Maar steeds…. Sy kon die kind voor enige winkel deur neergesit het. By n restaurant vgelos het waar beweging is van mense wat omgee… As sy dan nie regtig nie die formele handelinge wou volg nie… Maar het sy nou regtig gedink die see is die beste roep?

Sandy ·

Ek se altyd, as so iets met mens gebeur, en jy moes teen alle verwagtinge eintlik dood gewees het, dan het God ‘n plan met jou lewe. Hoop die kleinding word gou gesond.

Boet ·

Ek verstaan nie mooi nie. Die baba in n kombers toegedraai in n plastiek sak. As die sak toegeknoop was om te verhoed dat water ingelaat word sal die kind mos versmoor het. As die sak oop was sou hy seker verdrink het.

Smurfie ·

Absoluut n wonderwerk.
Hoe dryf n sak met soveel gewig. Ek meen die kombers moes seker ook tog so n bietjie nat geword het? En dan nog die baba se gewig ook

DISNETGENADE ·

dis NET genade. Die Here het hom gespaar vir ‘n rede. Hy moet op hierdie aarde wees vir ‘n REDE. Mag sy lewe GESEëND, GESOND, VOL LIEFDE en AAVAARDING wees. By die Here is NIKS onmoontlik nie. Die ouers sal wel rekenskap gee eendag, soos ons almal maar sal moet doen. Mens kan net bid vir die mensdom.

Shirley ·

Amen wow die so awesome hoe die Here hom veilig gehou het baie Here dat U hom bewaar het weet Hy het a goeie plan met die seuntjie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.