Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is Saterdag omstreeks 16:00 deur inwoners na die toneel in Shakashead ontbied.
ʼn Man het die pasgebore babaseuntjie vasgehou met sy plasenta en naelstring steeds aan hom vasgeheg. Die man het aan paramedici gesê dat hy die seuntjie in ʼn puttoilet naby die gemeenskapsentrum gevind het.
“Die baba is aan ʼn Netcare-hospitaal in die provinsie oorhandig waar hy tans mediese behandeling ontvang,” het Mathe gesê. Dit is nie duidelik wat die toestand van die baba is nie.
Slegs twee dae gelede is die liggaam van ʼn pasgebore babaseun in ʼn soortgelyke voorval in ʼn asblik in Queenswood in Pretoria se Moot-omgewing gevind. Die baba was al ʼn geruime tyd dood toe hy gevind is.
Hoeveel keer moet ons nou nog van dieselfde stories lees? Kry die ma en gooi haar kop eerste in die puttoilet.
Jy kon dit ni beter gesê ht ni! Ni eers diere los hulle kinders aan eie genade ni