Baba in puttoilet gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgebore baba is Saterdagoggend in ʼn puttoilet in KwaZulu-Natal gevind.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is deur die polisie ontbied nadat hulle die babadogtertjie in ʼn puttoilet in die Elandskop-gebied naby Pietermaritzburg gevind het.

“Die baba is ondersoek. Sy het geen beserings gehad nie, maar was baie koud. Sy is deur paramedici warm gemaak en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Dit gaan goed in die omstandighede en sy word waargeneem.”

Volgens Bodasing is die dogtertjie vroeg Saterdagoggend gebore en weeg 2,9 kg. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

liana ·

kan julle nie maar se swart baba nie….is dit n probleem ??

Dave ·

Daar is blykbaar ‘n stigma aan die woord ‘swart’ verbonde, Liana. Koerante verwys nie na swartes as swartes, selfs nie eers wanneer daar ‘n ‘wanted’ plakaat gepubliseer word. – Sunè, is jy nie dalk lus om Liana te antwoord nie?

Nico Strydom ·

Dagsê Liana en Dave
Persone se ras word meestal nie deur die polisie of nooddienste bekend gemaak nie. Maroela Media was ook nie self op die toneel nie en kan dus nie spesifiek daaroor berig nie.
Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media

Dave ·

Baie dankie vir die terugvoering Nico. Ons weet dat ras meestal (lees nooit) nie bekend gemaak word nie en dit is ook verstaanbaar dat Maroela dit nie sou kon bevestig omdat hulle nie daar was. Dit bly egter ‘n ope vraag waarom dit nie bekend gemaak word en die enigste logiese afleiding is dat dit is om misdaadpersentasies ten opsigte van ras te verdoesel. Groetnis vanuit ‘n koel maar steeds lekker Durbs!

Coenraad Joubert ·

Liana, ek stem saam. N “spade will stay n spade”.

Nina ·

Dit bly barbaars! ‘n Hond gooi nie eens haar kleintjies weg nie!

Ronel ·

Die lewe is onregverdig vir die wat nie moet kinders kry nie, kry by dosyne en die wat moet kry, kry nie daai vooreg nie….

CHRISTA ·

As hulle nie eers vir hulle EIE vlees en bloed omgee nie, hoe kan hulle enigiets vir ‘n vreemdeling omgee?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.