Baba in skietvoorval gewond

misdaadtoneel

Argieffoto

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord nadat drie mans en ’n agt maande oue baba Vrydag gedurende ’n skietvoorval in Eastridge in Mitchells Plain gewond is.

Lt. kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê ’n verdagte het omstreeks 10:20 op die hoek van Hartbees‑ en Gazellestraat op die mans losgebrand en die baba is in die voorval raakgeskiet.

Die mans en die baba is na ’n nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Traut kon nie bevestig of dit ’n bendeverwante voorval was nie, maar het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Oujongvrou ·

Hoe is daar n baba daai tyd van die nag buite in hierdie koue. Dis baie koud nou hier in die kaap?? Ai tog.

Louis leeu ·

Nou gaan dit te vêr ,die minister van polisie moet verantwoordelik gehou vir hierdie voorval onskuldige baba raak geskiet .Die mense vra al hoe lank vir ekstra polisiëring.

Mark ·

Die ANC het lankal besluit dat die bruinmense op die Kaapse Vlakte maar moet sterf omdat hulle nie wil ANC stem nie. Die Bruinmense op die Vlakte het weereens gewys hulle sterf eerder voor hulle weer ANC stem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.