Baba in swartsak gevind

Foto: ER24

’n Pasgebore baba is Donderdag in die Bloemfonteinse sakesentrum in die Vrystaat gevind.

Volgens Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het paramedici kort na 17:00 op die toneel in Elizabethstraat aangekom nadat hulle deur die polisie ontbied is.

“Die pasgebore baba was in ’n sak toegedraai binne die swart sak. Ongelukkig kon daar niks gedoen word nie en die baba is op die toneel dood verklaar.”

’n Man wat in swartsakke gegrou het, het glo op die babatjie afgekom.

Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie, maar word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Abe ·

Wat die polisie ookal vind, die gebeure skets n swak prentjie van toestande in die reenboogland: nman wat kos soek tussen weggooi gemors en n pasgebore baba in desperaatheid weggegooi.

M ·

Dis nou maar so, ‘n Hond sorg beter vir haar baba’ s , ek hoop hul vang hierdie onbevoegde “ma”

CHRISTA ·

Hulle het al hoeveel ma’s gevang wat hulle babas so weggesmyt het, maar jy hoor NOOIT wat met die ma’s gebeur nie. Een kind by ‘n skool val in ‘n puttoilet en ALMAL het ‘n miskraam daaroor!! My oupa-hulle het NET ‘n puttoilet gehad tot in die begin 70’s en NIE EEN van ons kleinkinders het OOIT daarin geval nie. Die gat waarop jy gesit het was in elkgeval TE KLEIN, so ek weet nie hoe groot die gat waarin ‘n skoolkind kon val was nie!!!

Ek wil nou hoor HOEVEEL mense in ons land ‘n bohaai oor hierdie baba gaan opskop of is dit net ons moderne manier van “recycling”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.