Baba in winkelsentrum ontvoer

Die ma saam met die polisiebeamptes wat haar baba aan haar terugbesorg het. Foto: Verskaf

Die ma saam met die polisiebeamptes wat haar baba aan haar terugbesorg het. Foto: Verskaf

ʼn Tienermeisie is in hegtenis geneem nadat ʼn baba in ʼn winkelsentrum ontvoer is.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn jong ma het verlede Dinsdag histeries by die Ladysmith-polisiestasie in KwaZulu-Natal opgedaag nadat haar ses weke oue babadogtertjie ontvoer is.

Volgens Mbhele was die ma in ʼn winkelsentrum in die middestad toe ʼn tienermeisie met haar begin gesels het. “Die meisie het vinnig die ma se vertroue gewen en haar oortuig om haar inkopies te doen terwyl sy met die baba speel. Met die ma se terugkeer was die meisie en die baba weg.”

Die ma het paniekerig in die winkelsentrum na haar babadogtertjie gesoek voor sy na die polisiestasie gehaas het. “Polisiebeamptes het dadelik opgetree en die sentrum se kringtelevisiebeeldmateriaal nagegaan.  ʼn Beskrywing van die verdagte is saamgestel en beamptes is na die taxistaanplek waar hulle vasgestel het die meisie het ʼn taxi na Ezakheni geneem.”

Mbhele het gesê die beamptes is na die gebied waar hulle meer inligting gekry het en na ʼn huis gelei is. “Die 16-jarige meisie en baba is by die huis gevind. Die baba was ongedeerd en is met haar emosionele ma herenig.” Volgens Mbhele is die baba ná net meer as drie uur opgespoor.

Die verdagte het die volgende dag in die Ladysmith-landdroshof verskyn. Sy is in die sorg van haar ouers vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Fanie Erasmus ·

Wow! Dis goeie nuus en wel gedaan aan die polisie lede met sulke goeie werk!!

Pop ·

Dit is wonderlike nuus dat die Polisie so vinnig opgetree het!! Dit is mos nou hoe n Polisie Diens moet werk!!! Ek kan egter nie glo daar is sowaar nogsteeds mense wat vreemdes so onvoorwaardelik vertrou nie!! Ek hoop daardie hele Polisie span word beloon vir hulle vlinke optrede. Ek hoop werklik dat die Stasie Bevelvoerder ook so vlink is. As die Bestuur van n organisasie passievol is sal die ondergeskiktes ook passievol wees. Dankie aan al die Polisie Beamptes wat werklik n verskil maak.

Cherokee ·

Pop, ek dink self dat dit flinke optrede was en hopelik is die stasie bevelvoerder ook flink.

Trotse Polisie ·

So trots op hierdie Polisiemanne dat jul werk nog jul eer is, wow kan jul nie opleiers word nie! Baie dankie jul spaar soveel hartseer vir almal veral vir die toekoms. Ontvoerder moet soos in ou dae rottang kry, as jy darem so jonk al so n krimineel is, hoort jy nie net in jou ouers se sorg te wees, maar ten minste 6mde in n harde plek, ouers van haar begin roede inle anders gaan sy gevaarlik raak. Aan die Ma, jy het n 2de kans, mens vertrou net mense wat jy ken en weet waar hul bly!

G ·

Hoe los ‘n ma haar kind by ‘n vreemdeling in ‘n winkelsentrum? Dankie tog dat daar nog goeie polisiemanne daarbuite is.

Johan Burger ·

Dit laat my altyd weer besef dat ten spyte van dikwels geregverdigde kritiek, daar nog soveel pligsgetroue en ondernemende polisielede is. Welgedaan mense!

Pendoring ·

Nou waar is die kommentare wat altyd die Polisie so afbreek? WELGEDAAN SAPS! Julle het my volle steun. Doet zo voort!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.