Baba Isabella ‘nou by Jesus’

Isabella Stark is Maandag dood ná haar longe ’n week gelede platgeval het. (Foto: Facebook)

Die 15 maande oue Isabella Stark van Ermelo in Mpumalanga is Maandag dood nadat haar longe verlede week platgeval het toe stukkies fyngemaalde neute daarin beland het.

Sy is die afgelope week in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg behandel.

“God het ons met ʼn engel geseën en haar naam was Isabella. Nou het sy ons verlaat en is by Jesus,” het haar pa, Joshua, op Facebook geskryf.

“Ons was geseënd om haar vir 15 maande in ons lewens te hê. Sy het ons lewe regeer en ons het elke oomblik daarvan geniet. Sy het soveel lewens aangeraak en nou is sy in die hemel waar sy as ʼn engel oor ons waak.”

Joshua, Monica en Isabella Stark. (Foto: Facebook)

Isabella se oupa, Athol, het Maandagoggend aan Maroela Media gesê dat sy kleinkind sedert Saterdag al meer beweeg en op stimulering reageer deur haar hande en tone te wikkel.

Fluktuerings op die breinmonitors het egter kommer veroorsaak. Nietemin was haar gesin vol hoop dat sy sou herstel.

Athol het sy kleinkind vroeër as ʼn borrelende dogtertjie beskryf wat altyd gelukkig en bedagsaam teenoor troeteldiere was.

Stark het Maandagaand ʼn foto van hom en sy vrou, Monica, en Isabella op Facebook gedeel en almal bedank wat oor die afgelope paar dae vir Isabella gebid en tot haar mediese onkoste bygedra het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

DieKriek ·

Dis ongelooflik hartseer. Niemand moet hierdeur gaan nie. Kinders eet allerhande goed en moet dit eet maar hoe keer mens dat so iets gebeur?

Dahlia ·

My innige meegevoel aan die ouers en familie.
Ek is eenmaal deur ‘n baie wyse man die advies gegee om nooit ‘n klein kind neute te gee om te eet nie en op my vraag waarom nie het hy geantwoord hulle verstik daaraan. (Dankie professor Caragelle vir jou wyse raad.)

BOKKIEBEK ·

My hart huil, dis so hartseer en ‘n ongeluk gebeur so gou… :-( My hart gaan uit aan die ouers…Here hou hulle vas en vertroos hulle asb in die tyd van seer…

Prontuit ·

ag hoe verskriklik hartseer!!!!!!!!!!!!!!!!! ek het so gebid sy sou genesing vind, ag my moeder ma dit was die moeiste dingetjie ag Liewe Jesus hou asb daai klein lyfie styf vas en gee vetroosting aan die familie

Nico ·

My innige meegevoel met die heengaan van die kleine meisiekind, mag God die Vader julle vertroos en weer die leemte gaan vul.

Frank John ·

Sterkte julle, eendag sal jul weer bymekaar wees saam jul ander kinders. Groot familie. God seën julle.

Kiewiet ·

Ai my ou kleine mooie mensie ekt self ‘n kleindogter van 7 mnde oud ek kan myself nie indink hoe julle moet voel en hoe julle sonder haar sal aangaan ..maar vind julle troos in God hy hou julle styf vas.

AmY ·

Baie hartseer.
Baie sterkte aan die familie in hierdie verskriklike tyd.

Cabytheron ·

Wat ‘n pynlike ervaring! Vrede aan Pappa en Mamma. Veilig by Jesus, pragtige Isabella!

Carina ·

Baie hartseer. Mooiste dogtertjie. My innige simpatie aan haar ouers.

Tanniepetoors ·

So hartseer. Baie sterkte vir hierdie mamma en pappa en ander familielede.

Claudette ·

My innige simpatie aan mamma en pappa en familie. Sy was die mooiste pop meisie. Rus sag Isabella ????

Misky ·

Sy was en is inderdaad ‘n kleine engeltjie. Innige simpatie aan julle as gesin en familie

Elmarie ·

Hoe neem ‘n ouer, oupa en ouma afskeid van ‘n kind. Ek het ‘n knop in my keel terwyl ek die artikel lees. My hart is so seer, en dit is nie eers my dogtertjie nie. My enigste troos woorde aan die familie is dat God se genade vir ons almal dieselfde is, Sy plan vir elkeen verskil net. Mag julle vashou ingeloof dat daar wel ‘n plan was met hierdie tragedie

KO ·

Ai sit ek en huil vir die mamma en pappa. . 15 maande is niks nie en dis te min tyd. My lyfie is nou 16 maande. . . Ek kan myself nie eens indink nie en ek wil ook nie. . .Mamma en pappa sterkte so so so baie. . .My hart is baie seer vir julle. . Mag julle berusting en vrede vind. . .

Toy ·

Daai liefie lyfie lyk soos ‘n engeltjie, ai dis so hartseer.

Marcello ·

Sterkte aan die familie, veral Mamma, Pappa en grootouers. Ek kan my nie indink hoe dit voel om ‘n kind of kleinkind te verloor nie. Mag die Liewe Vader julle vertroosting bied.

Blomme ·

Sy was ń pragtige mensie. Sterkte aan die ouers en grootouers.

Swerwer ·

Hartverskeurend! Innige simpatie aan die ouers en familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.