Baba JD vorder goed

Baba JD Lange in die Rooikruis-kinderhospitaal nadat hy amper verdink het. (Foto: Facebook)

Die eenjarige seuntjie wat amper by sy dagmoeder in Saldanha aan die Wes-Kus verdrink het, het die naweek goeie vordering gemaak.

“JD het soos gewoonlik soos ʼn prins geslaap. Vanoggend loer hy vir mamma en hou haar vinger styf vas,” skryf ʼn familielid Sondag op Facebook. “Hy toon ook al meer tekens dat hy besig is om wakker te word. Hy hou ons vingers vas. Hy loer deur skreefogies vir ons. Hy hoes ook en probeer om hom op te lig. Dis alles goeie tekens.”

JD is Vrydag uit ʼn geïnduseerde koma gebring nadat hy Maandag in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad opgeneem is.

JD het Saterdagoggend effens gesukkel met koors. “JD, ons sien hoe hard jy baklei. Hou aan seun. Ons almal staan saam [met] jou. Ons weet dis eina en ongemaklik. Tannie se hart breek as sy die trane sien rol oor jou wang,” lui die plasing.

Die familielid sê JD se ma, Jessica Lange, veg hard om sterk te staan. “Dis baie emosies. Dis hartseer en blydskap als in een.”

Jessica en haar seuntjie het verlede naweek van Kaapstad na Saldanha verhuis sodat Jessica ʼn nuwe werk daar kon begin. Sy is ʼn enkelma.

Maroela Media het die afgelope week berig JD het die eerste dag by ʼn nuwe dagmoeder in die swembad beland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SJME ·

Loof onse almagtige hemelse Vader en onse Here Jesus Christus – vir Sy almagtige liefde en getrouheid.

Marietjie ·

Here wees met hierdie ou seuntjie en sy mamma en die dagmoeder, wie net so swaar kry tans… nie vir een kan dit maklik wees nie

Marieta ·

Barmhartige Here, Vader… Wie sal dan beter as ek weet dat U n Vader van genesing en genade is? U wat my dogter voor die lykshuis se deur aan my teruggegee het uit die dood. En ook U wat my seun uit n 42-dae lange koma waarin hy meer as een keer deur verskeie medici as breindood verklaar is aan my terug besoeg het! Vader, wees ook vir mamma Jessica en kleine JD so barmhartig en genadig. U is die God van liefde, die enigste ware Vader van genesing en oorwinning oor die dood! Jesus, ek pleit U bloed oor hierdie klein seuntjie en sy familie. In Jesus naam. In Jesus naam!

SomeOne ·

Vader, jd is in U Hande, hou U Hande van genesing oor hom en sy ouers, ons Glo dat U hom gesond sal maak, Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.