Baba Jesus en Josef se baard gesteel

Die Kersstal-toneel in Westville tydens 2013 Foto: jozibelle.blogspot.com

Die Kersstal-toneel in Westville tydens 2013 Foto: jozibelle.blogspot.com

ʼn Babapop wat Jesus by ʼn Kersstal-toneel in ʼn gegoede woonbuurt in Durban verteenwoordig het, is uit sy krip gesteel, het die Daily News Maandag berig.

Slegs die pop se arm het oorgebly. Volgens die koerant is die organiseerders ontstoke oor die vandalisme by die uitstalling. Vrywilligers het twee weke gelede die uitstalling gebou.

ʼn Koei se stert is ook afgebreek, ʼn skaap is gesteel, een van die herders se jasse is verwyder en Josef se baard is ook afgebreek.

Helen Canon, wat al die afgelope nege jaar lank die Kersstal-toneel in Westville behartig, het op die Upper Highway se Facebook-blad geskryf: “Aan die vandale wat die Baba Jesus en ʼn skaap gesteel het, julle is glad nie snaaks of slim nie! Watter plesier put julle daaruit om jul eie buurt te verniel? Doen asseblief die regte ding en bring dit terug.”

Die skade is Saterdag ontdek.

Die Kersstal-toneel in Westville tydens 2013 Foto: jozibelle.blogspot.com

Die Kersstal-toneel in Westville tydens 2013 Foto: jozibelle.blogspot.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.