Baba Juan: “Hy is rond en gesond”

Baba Juan Venter. Foto: Verskaf.

Baba Juan Venter. Foto: Verskaf.

Baba Juan Venter, die seuntjie wat glo erge brandwonde in die Bertha Goxwa-hospitaal in Germiston opgedoen het toe hy twee dae oud was, is nou “lekker rond en gesond” en sy dokter is tevrede met sy vordering.

Juan se ma, Mariaan Pienaar (25), het Dinsdag aan Maroela Media gesê buiten sy gesonde aptyt, slaap hy ook baie beter vandat sy wonde begin genees. “Die meeste van die rowe het reeds afgeval, daar is nog net rowe op twee van sy toontjies,” het sy gesê. “Sodra al die rowe af is en die pienk vel genees  het, sal die dokter kan bepaal of daar permanente skade is, veral omdat die brandplekke op sy kruippunte is.”

Baba Juan se wonde is mooi besig om te herstel.

Baba Juan se wonde is mooi besig om te herstel.

Sy sê sy gee gereeld vir Juan fisioterapie sodat sy beentjies nie styf word nie.

Pienaar en haar verloofde, Riaan Venter, het met regstappe teen die Gautengse departement van gesondheid begin.

Maroela Media het vroeër berig dat Pienaar op 18 Junie aan haar en Venter se eersteling geboorte geskenk het. Die paartjie bly in Boksburg.

Juan het brandwonde opgedoen nadat hy glo met ‘n silwer elektriese kombers in die hospitaal gebrand is. Sy wonde het na twee weke swart geword waarna hy en Pienaar na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto oorgeplaas is.

Dit is hoe Juan se wonde gelyk het nadat hy uit die hospitaal ontslaan is.

Dit is hoe Juan se wonde gelyk het nadat hy uit die hospitaal ontslaan is.

Pienaar het daarna ʼn privaatdokter genader wat onderneem het om Juan gratis te behandel. Ma en seun is uiteindelik op 10 Julie uit die hospitaal ontslaan. Die dokter het versoek om anoniem te bly. Sy het aan die paartjie bevestig dat Juan brandwonde opgedoen het.

Lees ook:
Dokter bekommerd ná baba glo in hospitaal brand
Foto’s: Twee dae oue baba in hospitaal gebrand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

"Huh!" ·

Dit is nou al ‘n maand en ‘n half terug, en die wonde aan die toontjies is nog nie eens genees nie. Ek hoop julle dagvaar sommer genoeg! Arme kindjie.

Johann Roux ·

Dankie vir die deernis en omgee deur almal wat betrokke is met die gesondmaking van baba Juan.
Dankie aan die geneesheer wat onderneem het om baba Juan gratis te behandel.

Julle loon is groot by ons Vader.

Ek wens die ouers baie sterkte toe met die regsgeding teen die betrokke departement.
Julle rus saggies in ons gebede.

Julle sal nie alleen gelaat word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.