Baba, kleuter by vrou se lyk gevind

Argieffoto: Miguel Roberts/The Brownsville Herald via AP

ʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die brutale moord op sy meisie in die Asanda-nedersetting naby Strand in die Wes-Kaap.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sê ʼn lid van die gemeenskap het die polisie Saterdagoggend na die toneel ontbied. By hul aankoms het beamptes ʼn vrou, in haar 20’s, se liggaam in die huis aangetref. Haar linkerbeen was afgekap.

“In die huis waar hierdie grusame moord gepleeg is, was twee kinders – ʼn een maand oue baba en ʼn vierjarige dogtertjie – alleen saam met die liggaam in die huis,” het Rwexana gesê.

ʼn Voorlopige ondersoek het begin en die vrou se kêrel, wat ook die pa van die twee kinders is, is in hegtenis geneem.

Hy sal binnekort in die Strand-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gert ·

Hoe “crack” mens so dat jy so-iets kan doen? Daardie stomme kleuter is gedoem vir die res van haar lewe. Dit maak nie saak wat die omstandighede was nie, nie eers n dier tree sp op nie!!

Essie ·

Ek stem volmondig mt jou saam jy sal diti by diere aantref nie

Isak ·

Dis nie crack nie. Dis simpelgeit. Dink net aan jouself as jy so iets doen. Die is nie Meer bang Vir die land Se regstelsel nie. Pres. Rama dis by Vir die doodstraf. Dit die mense jou regstelsel respekteer en so ook die lewens van Ander mense

Rina Kotze ·

Bring terug die doodstraf, sommige mense moet volgens kundiges net permanent verwyder word uit die samelewing.

Arme kinders, mag hulle in veilige bewaring kom en daai man nooit weer sien nie.

Jaen-marie ·

Ek stem volkome saam jou.
Ek is dankbaar die kinders lewe darem. Maar watter trauma is hul nie deur nie. Ek hoop hulle vind n veilige huis vir die kindertjies.

Annie ·

Jong, ek wil ook amper se dat die doodstraf terug gebring moet word……
Aan die ander kant is die stelsel is so moedeloos en korrup dat onskuldige mense ter dood veroordeel kan word…..

Blommie ·

Met God se genade sal die kleuter van 4 geen emosionele skade oorhê nie, mens verdoem nie iemand met jou uitsprake nie. (@Gert) Bid eerder dat die Here iemand oor haar pad sal stuur wat die wysheid het om daardie seer te verwerk.

Dis net verskriklik wreed dat kinders aan iets so onmenslik blootgestel moes word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.