Baba kritiek ná bakkie met 21 mense rol

Foto: Verskaf.

Twee mense is in ʼn kritieke toestand ná ʼn bakkie wat 21 mense vervoer het op die N2-Suid in Amanzimtoti gerol het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Saterdagoggend plaasgevind.

“Paramedici het omstreeks 11:30 by die toneel opgedaag en van die passasiers aangetref waar hulle in die baan vir stadiger verkeer gelê het,” het Siddall gesê.

Volgens Siddall is ʼn ses maande oue baba en ʼn bejaarde man in ʼn kritieke toestand.

“Altesaam 19 ander mense het gemiddelde en geringe beserings opgedoen.”

Verskeie nooddienste het die beseerdes na hospitale vervoer.

Die polisie ondersoek die omstandighede rakende die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

skerwe ·

nou gaan al die ou doemprofete weer die obvious kom skree “oorlaai.” ja dit blyk duidelik uit die berig. sterke en beterskap aan die beseerdes.

marianne ·

Dat niemand oorlede is nie, is ‘n wonderwerk, God het Sy hand oor die mense gehou. Hopenlik sal die ou oom en die babatjie spoedig herstel.

Antjie ·

Dankie dat u die balans probeer vind uit ʼn andersins vae berig. Meeste mense probeer net die gapings invul deur te visualiseer hoe 18-19 mense agterop ʼn bakkie inpas. Hoe mooi sal ʼn opvolg oor hul goeie vordering nie wees nie!

albert ·

Hoe op dees aarde laai jy 21 mense so n klein bakkie. Natuurlik sal hy rol. Die gedeelte van dieN2 ry ek elke dag seker die gevaarlikste deel . Sien nooit of Baie selde enige verkeesbeamptes.

CHRISTA ·

Ek wil weet: Die polisie ondersoek die voorval! Is die bestuurder OOIT gearresteer! Dis mos onwettig om hierdie mense SO te vervoer!

Johan Fourie ·

LOL SjN Stem saam met jou of wie van hulle besit een

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.