Baba kritiek ná fratsongeluk

motorsleutels

Argieffoto.

ʼn 16 maande oue babaseuntjie is Sondag kritiek beseer nadat ʼn motor oor hom gery het by ʼn huis in Deneysville in die Vrystaat.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het gesê volgens berigte het die bestuurder van die motor agteruit gery en nie geweet die kind is agter die voertuig nie. Paramedici is omstreeks 17:40 na die toneel ontbied.

“Die baba was in ʼn kritieke toestand met paramedici se aankoms op die toneel. Paramedici het die seuntjie op die toneel behandel voordat hy per helikopter na ʼn hospitaal in Gauteng vervoer is vir die sorg wat hy benodig.”

Volgens Botha is die presiese omstandighede rondom die voorval nie duidelik nie en word die saak deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Wat ek lees is hartseer. Dit gebeur só maklik. Die een dink die baba is by die ander maar egter by niemand om op te pas. Ek het altyd die kleintjie opgelaai en dan weer by die hek afgelaai.
Sterkte aan die betrokkenes en mag die verwyte nie die situasie oorheers.
MAG ONS ANDER HIERUIT LEER OM OOK VERSIGTIGER TE WEES WAAR KLEINTJIES IN DIE OMGEWING IS.

Ann ·

Goeie aarde julle, hoe kan julle so wees? Het dit al OOIT met een van julle gebeur? Kan julle julself indink hoe daardie persoon moet voel?
Weet julle hoe vinnig is ‘n kind, dis letterlik binne sekondes dat iets gebeur. Julle gaan so aan asof die kind moedswillig raakgery is!
Ag nee julle, groot asb moenie klippe gooi nie. As julle nog nooit in so ‘n situasie was nie, hou dan eerder julle opinies vir julleself.
En ek kan saampraat, ja, want ek was al in so ‘n situasie.
Ek hoop die kindjie sal OK wees!!

Joan ·

Moenie so maklik oordeel nie. Ek is ook hiper versigtig met so iets, maar ‘n ongeluk gebeur maklik.

Charlotte ·

Jy wat oordeel…passop jys reeds geoordeel deur die Vader. Kom ons doen wat God nou van ons verwag….Bid eerder vir n volkome herstel in daardie seuntjie se liggaampie en daardie betrokke persoon en los die veroordeling vir HOM wat op die troon sit. Mag God saam met daardie seuntjie wees …..

Arizona ·

Magtig mense dit was n ongeluk. Weet julle hoe vinnig beweeg hierdie klein mensies. Dink julle nie die persoon wat die kindtjie raak gery het voel al klaar soos n hond en nou moet hy nog gesteenig ook word. Ek self het n 28 maande oue seuntjie permanent in my sorg en glo my hy is baie rats. Kom ons bid liewer dat die seuntjie volkome sal herstel van hierdie tragiese ongeluk

Self 'n Mamma ·

Ek het self ‘n kleinding van 15 maande, ja ek maak seker dat hy in die huis toe is voor ek ry, maar weet julle hoe vinnig gebeur ‘n ongeluk, weet jy hulle vinnig verdwyn ‘n 15 maande seuntjie onder jou voete, dis soos die een sê jy dink hy is nog hier dan is hy weg. Moet nie oordeel nie mense, ons is nie die wat moet oordeel nie, die persoon het klaar baie verwyte en glo my seer. Nie een van ons was daar nie. Kom ons bid eerder vir die kind om 100% te herstel en kom ons bid vir die een wat agter die wiel gesit het, want net soos daai klein kindtjie het die bestuurder ook trauma…

Annemarie ·

My hart is so seer. Dis verskriklik! Mag die seuntjie herstel. Sterkte aan almal na aan hom!
Mag ons almal hieruit leer om altyd eers agter of voor die kar te kyk, ongeag of jy kinders het of nie, voor jy ry. Destyds het ek ook so ‘n berig gelees toe my seuntjie ‘n pasgeborene was. Van toe af, maak ek dood seker of hy in die huis is, voor ek ry. En ek sluit die deur sodat hy nie per ongeluk kan uitkom na die kar toe nie.

Willie E ·

Dankie Annemarie….niks met jou kwaliteit van ouerskap te doen nie,maar wel ALLES te doen met jou gesindheid rondom ‘n abnormale situasie….iemand anders se fout het jou uitkyk verander,ten goede van alles en almal rondom jou,en ek glo ook dat so iets nie MAKLIK met jou sal gebeur nie…..

charlene ·

aai die arme mamma en pappa, en my hart gaan uit na die een wat bestuur het. Dis tragies. ek hoop en bid God verhoor julle gebede en ons almal sin dat die baba nie sterf nie. `n ongeluk gebeur so gou. Die een oomblik is hulle nog binne die huis – die volgende oomblik is hulle onder die kar, hulle is so rats. Mag alles goed uitwerk vir julle. Sterkte en ek bid vir julle.

sjoe ·

Sjoe wat ‘n tragedie, baie sterkte aan elkeen betrokke, ons bid vir volkome herstel vir hierdie klein seuntjie.

Sarie 2 ·

My eks-man se broer & sý vrou het 4 kinders gehad, (slegs 1 seun). Diè seun is later getroud & 2 seuntjies is kort nà mekaar gebore. Die pa was op bystand & is dringend na ‘n krisis by die werk ontbied. Sy vrou was besig om die baba te voed & die ouer boetie was by hààr & baba in die kamer. Onbewus dat die kleuter hom gevolg het, het Pappa haastig agteruitgery & sy kind opslag gedood…. Hy kon dit glàdnie verwerk nie & het homself enkele maande later doodgeskiet…. Moet lièwer niè oordeel nie. Iemand wat sò-iets oorgekom het, gaan deur geweldige pyn & selfverwyt & het niè ènige verdere veroordelings nodig nie…..

Tali ·

Sjoe dis verskriklik!!ja n ongeluk gebeur so vinnig..dit het amper met ons ook gebeur-gelukkig het my man baie stadig daardie oggend reverse en toe hy hoor dat hy iets gestamp het het hy dadelik gestop-dank die Vader dat hy niks oorgekom het nie…ekt gedink hys saam my man en my man het gedink hys by my….ek sal nooit oordeel nie, want dit gebeur in n oogwink

Petro ·

Dis my grootste vrees nog altyd gewees.
Ons het ‘n bankie waarop hy moet sit as enige kar in ons erf agteruit ry…en hy sit net daar tot hy geroep word.
Baie sterkte aan die familie en ook die bestuurder ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.