Baba kritiek ná hy in swembad val

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 17 maande oue babaseuntjie is in ʼn ernstige toestand nadat hy amper Vrydagmiddag verdrink het by ʼn huis in Bellville in die Wes-Kaap.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die seuntjie het in die swembad geval en was glo vir ʼn wyle onder die water. “Die ma het die seuntjie in die swembad gesien en onmiddellik uitgehaal.”

Volgens Meiring het die ma behandeling op die seuntjie probeer toepas voordat sy met hom na ʼn dokter gejaag het. “Paramedici het by die personeel by die spreekkamer behandeling oorgeneem en die seuntjie na die Tygerberg-hospitaal geneem vir verdere mediese sorg.”

Meiring het gesê die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie duidelik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KarooKlong ·

Ag foeitog, hoop nie die kind het blywende skade opgedoen nie. Sterkte aan die gesin.

Frans ·

Wa is di safty net dis die eerste ding wat jy het as jy n swembad het

Sus ·

As 1000’e mense met ‘n swembad sonder behoorlike beveiliging net dink hoe maklik ‘n ongeluk kan gebeur en die gevolge daarvan, sal hulle vandag se kosgeld gebruik om die swembad te beveilig. In baie gevalle kom spyt te laat………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.