Baba L: ‘Aanvaller verdien lewenslank’

Baba L se ma verlaat die hof tydens 'n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1, Twitter

Baba L se ma verlaat die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1, Twitter

ʼn Organisasie is van mening dat die sakeman van Pretoria-Noord wat tien jaar tronkstraf opgelê is vir kindermishandeling op sy vriendin se tweejarige dogtertjie, bekend as Baba L, lewenslange tronkstraf verdien.

“Die arme klein dogtertjie is gestremd en in ʼn inrigting. Haar lewe is op die wreedste manier van haar ontneem,” het Miranda Friedmann, direkteur van die organisasie Women and Men Against Child Abuse, in ʼn verklaring gesê. “Sy sal nooit soos ʼn normale mens kan funksioneer nie, en het geen kans vir normale of gelukkige kinderjare nie. Die man verdien lewenslange tronkstraf hiervoor.”

Regter Nico Coetzee het die 37-jarige man, wie se naam weerhou word om die kind se identiteit te beskerm, Dinsdag tot 10 jaar tronkstraf gevonnis. Coetzee het tydens die vonnisoplegging gesê die vonnis moet as ʼn waarskuwing dien vir diegene wat hulself aan kindermishandeling skuldig maak.

Coetzee het die man verlede week skuldig bevind aan kindermishandeling, maar het hom vrygespeek op die aanklagte van poging tot moord en die versuim om mediese behandeling aan haar te verskaf.

Baba L se 21-jarige ma is vrygespreek op al die aanklagte teen haar. Die hof het bevind daar was geen bewyse dat sy haar dogter mishandel het, of toegelaat het dat haar kêrel Baba L mishandel nie.

Friedmann het gesê die ma moes ook gestraf gewees het omdat sy versuim het om haar kind te beskerm.

Lees alle vorige berigte oor Baba L op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sollie ·

Friedmann is reg – hier het geregtigheid NIE geskied nie. Kan die organisasie nie appelleer en dmv ‘n petisie die regter weer na alles laat kyk of ‘n ander regter kry nie? Ek weet nie hoe die regstelsel werk en of mens so-iets sou kan doen maar hierdie moes ‘n boodskap uitstuur ja, maar nie ‘n tikkie oor die vingers soos wat nou gegee is nie. Dis ‘n skande wat ten hemele skreeu!

Willie ·

Ja right, 10 jaar tronkstraf moet as ʼn waarskuwing dien vir ERGE kindermishandeling! Moet nie laat ek lag nie.

Deon ·

Die man verdien nie om 10 jaar in die tronk te gaan sit nie. Hy verdien om die doodstraf opgelê te word. As jy `n kind verkrag of mishandel (dit kom op een en dieselfde neer) moét jy die doodstraf opgelê word. Jy neem daardie kind se lewe van hom/haar weg.

SNEL ·

Hoop regtig die organisasie sal iets kan doen en altwee n ordentlike straf laat kry. Ek stem, 10 jaar is n tik oor die vingers en hoekom loop die ma skotvry, sy verdien ook lewenslank, sy moes tekens gesien het van mishandeling.

Mari ·

Hy moet lewenslank in die tronk sit net soos baba L lewenslank in haar lyfie vasgekeer gaan wees! En die ma? nHulle moet altwee se name bekend maak! Wat help dit om nou die kind te probeer beskerm deur nie hul name te publiseer nie? Dis om hulle self te beskerm! Vuilgoed!

sarie wentzel ·

Die ma kan saam stap selle toe ,en lewens lank saam hom sit.Sy verdien nie om ‘n ma te wees nie.Sy het geweet,hoe weet mens nie sulke dinge nie,’n dogtertjie pas jy meer op.
Sterkte vir baba L. Hoop jy kry ‘n goeie mammie.

Eish! ·

Ja en so hoor ons weer een van die dae dat geweld teenoor vrouens en kinders gestaak moet word. Die staat doen gewoonlik die advertensies ens. Die einste staat gee sulke belaglike vonnisse vir oortreders. Die straf is regtig teenstrydig met wat die staat propageer! En die vrou het dalk niks gedoen nie………………maar daar le die fout! Sy het NIKS gedoen nie. As jy die woord mens werd is sal jy optree as daar enigsins so ‘n daad gepleeg word teenoor enige kind! Sy verdien lewenslange tronkstraf en hy eers lewenslank en daarna as hy goed gesit het,,,,,,,,,,,,,,,,kan hy maar gehang word. Dalk sal mense dan twee maal dink voor hulle sulke dade pleeg en toelaat.

johan ·

Stuur hulle Siberie strafkamp toe. Aartappelskille en ryswater vir etes. Geen genade nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.