Baba L gestremd weens mishandeling

Baba L se ma verlaat die hof tydens 'n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1, Twitter

Baba L se ma verlaat die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1, Twitter

ʼn Tweejarige dogtertjie wat slegs as Baba L bekend staan, is baie erg gestremd weens ʼn erge kopbesering wat sy opgedoen het toe haar ma se kêrel haar glo aangerand het, het die Pretoriase hooggeregshof Dinsdag gehoor.

Baba L kan nie loop, omrol, eet of verstaanbaar kommunikeer nie, het dr. Paul Stevens, ʼn dokter by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria, getuig.

Hy het op 30 Desember 2013 ʼn noodoperasie op haar uitgevoer. Sy is ná ʼn paar weke uit die hospitaal ontslaan en na ʼn plek van veiligheid in Pretoria oorgeplaas.

“Sy het ʼn baie erge kopbesering opgedoen, en gevolglik is sy in ʼn rolstoel vasgekluister en sy kan nie self eet nie,” het Stevens gesê. “Haar lewensverwagting hang af van die standaard van behandeling wat sy op ʼn daaglikse basis ontvang.”

Hy het gesê sy kan nie by ʼn normale huis bly nie. Sy benodig heeltydse sorg om seker te maak dat sy nie bedsere kry nie. “Sy kan nie self van posisie verander nie en sy het ook hulp nodig met ʼn voedingsbuis. Sy kan niks self doen nie.”

Volgens Stevens klop die verduideliking wat die ma en die kêrel aangebied het, dat sy van ʼn wasmasjien afgeval het, nie met Baba L se beserings nie.

Die kleuter se 20-jarige ma en haar 36-jarige mansvriend het onskuldig gepleit op aanklagte van poging tot moord, kindermishandeling en versuim om behoorlike mediese aandag te skenk. Hulle het ook met haar uit die Steve Biko-hospitaal verdwyn sonder dat die kleuter mediese behandeling kon ontvang, drie dae voordat sy in ʼn koma opgeneem is. Hulle ontken dat hulle Baba L ooit aangerand of verwaarloos het en voer aan sy het by ʼn stel trappe afgeval en van ʼn wasmasjien afgeval.

Stevens het verder getuig dat Baba L in ʼn kritieke toestand was en ʼn noodoperasie benodig het toe sy opgeneem is. Sy het inwendige beserings opgedoen, lae bloeddruk gehad, ʼn swak pols en lae suurstofvlakke in haar bloed. Sy moes deur ʼn asemhalingsmasjien asem haal en daar was ʼn pienk skuimerige vloeistof wat uit haar longe gekom het, ʼn aanduiding van vloeistof in haar longe. Dit gebeur gewoonlik óf wanneer iemand amper verdrink het óf tydens ʼn erge kopbesering.

Sy het slegs met tye haar oë oopgemaak en sy het kneusplekke regoor haar lyfie gehad wat in verskeie stadiums van gesondword was.

Stevens het ook bloed in haar maag, ʼn erge kneusplek op haar nier, ʼn skeur in die aar tussen haar kolon en maag opgespoor en sy het ook ʼn gebreekte heup en erge gekneusde pankreas gehad. “Die algemeenste oorsaak vir só besering aan die pankreas is ʼn direkte hou teen die pankreas. Dit neem baie krag om die pankreas te beseer, aangesien die orgaan baie goed beskerm word en agter ander organe versteek is.”

Hy het ook gesê dit het baie krag vereis om ʼn fraktuur aan die pelvisbeen aan te rig, wat ook nie ʼn nuwe besering was nie.

Hy het weer in Januarie ʼn operasie op haar uitgevoer toe ʼn buis in haar keel geplaas is sodat sy kan asem haal en ʼn voedingsbuis in haar maag geplaas.

Die saak duur voort.

Lees alle sake wat met Baba L verband hou, op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

anne ·

Nee,nee,nee!! Hoe doen mens so iets aan ‘n hulpelose kind??? Die vrou is die naam ma nie werd nie, en hy is is verskoning vir ‘n mens. Dis so wreed, het nie woorde.

V ·

Wil net vir jou se liewe 20jarige wat nog self eintlik n kind is,jy verdien dit GLAD nie om n kind te he nie,ek sal jou sommer n klap gee.Daar is soveel vrouens wat bitter baie graag n kleinding wil he.

Nina ·

Ek is skoon naar! Gemors van die aarde! Jy is geen ma nie. Mag jy alle hel in die tronk kry. Ek sal met plesier die lewe uit jou en jou kerel wurg.

SNEL ·

Arme kindjie, nie eers gevra om daar te wees nie, sy was volmaak en gesond en hierdie 2 het haar vernietig. Wens iemand wil dieselfde aan hulle doen.

Angelique Jacovides ·

NEE, NEE, NEE!! Hoe kan enige iemand dit aan n kind doen?? Mag julle 2 skuim gemors mense kry wat na julle toe kom! Eks sommer lus en rand julle aan!! Jy wat jou self n ma noen is nie n ma se g*t nie en verdien nie om n ma genoem te word nie!!! Hoop julle kry alle hel in die tronk julle verdien dit!!!

Lodi ·

Ek kan nie verstaan hoekom berigte
soos die nie hoof nuus maak nie!!!!
Asof dit maar net nog iets is!!!

Anita ·

Liefste Baba L

Ek is so onsettend jammer dat jy deur soveel pyn en mishandeling moes gaan.

Ek wens ek kon jou vashou en my hande op jou lê, nie om seer te maak nie maar om jou te seën, vertroetel, koester en lekker kielie soos ‘n mamma behoort te doen.

Eendag wanneer jy in die Hemel kom, sal jou stukkende liggaampie perfek wees en jy sal baljaar, dit wat jy nie gegun was nie.

Baie liefde en seën vir jou my klein mensie.

George ·

Baie mooi gestel. Jy bring trane in my na vore. Soos jy noem, moes sy net liefde en vreugde ervaar het.

Erika ·

Baie mooi Anita, ja nou sit ek met trane in my oge … arme arme kleintjie. Myself sal haar graag net wil vashou en fluister dat sy ‘n pragtige engeltjie is. ‘n Klein prinsessie.

Estelle ·

Pragtige brief Anita! Nou gaan dit weer gese word dat die ma en kerel op dwelms was, sal my nie verbaas nie, jy moet totaal en al breinloos en gevoelloos wees om dit aan ‘n kleinding te doen!

Elizabeth ·

Arme, arme kleinding. Sy weet nou nie eers dat daar liefde en LEWE buite haar “wêreldjie” bestaan nie. My hart is bitter seer want GEEN straf sal hierdie verskriklike ding regmaak nie. Al kry hul lewenslange tronkstraf, hulle kan normaal asemhaal, kan eet, kan sit, loop – al daardie dinge wat hulle hierdie kleinding ontneem het, selfs al is hulle agter tralies. Hulle gaan koskry hulle gaan heel moontlik na soveel jaar parol kry weens “goeie gedrag” en omdat hulle kammig berou het – so onregverdig is die lewe in hierdie geval. Ek weet nie of die sogenaamde kêrel ook haar pa is nie, maar as hy NIE is hoop ek die regte pa gaan staan in die hof en vra vir die ergste straf moontlik. As hy is – nog erger – om jou eie vlees en bloed so te martel… Ek sê nog altyd om ‘n kind te maak is nie ‘n kuns nie, basies enige mens kan dit doen, maar om die kind ten minste groot te maak sonder dat hy/sy swaarkry/hongerly/mishandel word is nie ‘n grap nie en hierdie tipe is duidelik nie opgewasse vir enige ordentlikheid en moes nooit ooit ‘n kind gehad het nie. Weereens, as jy nie kan/wil sorg vir die kind nie, laat hom/haar aanneem of laat hy/sy na ‘n kinderhuis gaan waar hul minstens kans het op ‘n normale lewe. Hoekom jou woede en onvermoë om jouself te beteuel op die arme onskuldige kind uithaal. Ek wil STEEDS weet wat van die welsynswerker wat dan nou lansg hul sou bly – het hy/sy NOOIT enige huil van pyn gehoor nie – daar is ‘n verskil, enige ma sal jou vertel van huil omdat ‘n kind honger is of net omgekrap is en huil van pyn! Ek is so omgekrap oor hierdie saak en ek kan gelukkig nooit by sulke hofsake uitkom wan thulle sal my moet vasketting om nie iets aan daardie beskuldigdes te doen nie….

ai ai ·

Elizabeth, soos ek verstaan is hy nie die regte pa nie, net die kerel (wil hom ander naam noem, maar sal nie na sy klas daal nie), (vir die ma is daar nie eers ‘n naam nie, as sy so onskuldig is soos sy beweer, hoe kon sy dit toegelaat het, moenie vir my sê, sy het van niks geweet nie) hoop van harte die pa maak die lewe hel vir hulle twee……

Hilde ·

Ag Liewe Jesus hoekom is daar soveel lelik in hierdie lewe??? Ag my ou lyfie, as ek jou maar net kon vashou en vir jou ‘n veilige vesting kon gee. My hart is stukkend!

Erika ·

Praat asb as julle weet waarvan julle praat. Die mamma is die beste mamma wat ek ken!
Sy sal nooit in haar lewe haar liefie kind so mishandel nie.
Met tyd sal die HERE ons help sodat al die waarheid uitkom, en ek hoop julle is almal dan daar om onverskonning ook te vra….soos julle klippe kan gooi.

Karin ·

Erika!
As jy ‘n ma is en jy sien jou kind het seer gaan jy optree….maak nie saak wat nie! Maar nou ja daar sal seker altyd mense wees wat aan een of ander verskoning sal dink….om sulke mense se onskuld te wil bewys! Hoeveel x was hle by die dr en wat van die slag wat hle net verdwyn het! Hulle het presies geweet wat hle gedoen het!
Ek het nie kinders nie….en as ek sulke goed sien en hoor van draai my binneste in so ‘n knoop….! want ek sweer ek weet nie hoe mense so genadeloos kan wees nie! Ek kan nie eers dink aan ‘n straf wat goed genoeg sal wees om hle ook so seer te laat hê en ly nie!
‘n Ma is ‘n ma en sy weet wat met haar kind aangaan….Erika jou vriendin is so min onskuldig!!!

Estelle ·

Erika as die so ‘n goeie mamma was hoekom haar kind by die 36 jarige kerel los? ‘n Goeie ma het haar kinders (veral ‘n 2 jarige) permanent aan haar sy!

Leeutjie ·

Erica was jy 24 uur van die dag daar om te sien of sy werklik die goeie ma is waarvan julle praat!!

Sollie ·

Ja nee kyk, “beste mamma” se VOET. Sy het, soos in sovele soortgelyke gevalle toegekyk en NIKS gedoen al die vorige kere wat die arme kind kammig op die wasmasjien geklim en afgeval het en al sulke twak. Die deler is so goed soos die steler! Hoekom het sy saam met hom ‘n vorige keer baie vinnig verdwyn van die hospitaal voordat breinskanderings ens gedoen kon word?? Nee wat ek glo eerder in die tandemuis as wat ek vir een oomblik glo sy is onskuldig!

Elfie ·

Erika, lyk my jy glo haar – dan is jy ook maar toe! Daardie kind is oor tyd mishandel en as JY dit nie raakgesien het is jy ook maar treurig, jy kon ook hierdie verhoed het!. As my vriendin vir my sê ‘n 2-jarige het vand ie wasmasjien afgeval dan sal ek onmiddellik ‘n rot ruik. Dis die grootste bollie wat ek nog gehoor het. Sies vir jou man!

ai ai ·

Erika, soos Elfie sê, dan is jy ook maar toe, regtig glo jy dit, hoekom het jy dan nie gepraat nie? as julle sulke goeie vriendinne is, moes jy dit raak gesien het, daar is ‘n 2 jarige kind se hele lewe verwoes, gaan sy soos ‘n normale kind kan wees, NEE!!

Elvira ·

Dis vreeslik, hulle het die kindjie amper doodgeslaan. Hoekom het sulke mense kinders? Mag geregtigheid in hierdie saak geskied!

anet ·

Erika, as die ma so ‘n Lief en dierbare ma is, soos jy se, dan net die volgende dat hulle uit “die Steve Biko-hospitaal verdwyn sonder dat die kleuter mediese behandeling kon ontvang”. Drie dae later in ‘n KOMA. Die ma as sy betrokke was by haar kind, sou haar gebad het, en ook al die blou kneusings op die baba se lyfie gesien het. Sy LIEG saam met hom oor die wasmasjien storie. Die DELER IS NET SO GOED SOOS DIE STELER. Sy het geweet haar kind word verniel, geen verskonings nie jammer. Sy klou so vas aan daai geniepsige kêrel van haar dat sy sy onderbroek se nate pruim.

Ek hoop dat regverdigheid sal geskied, en dat die ma en die kêrel, verniel en aangerand sal word in die gevangenis. Kry vir julle, dit is ‘n skande dat ons sulke mense in ons samelewing het. JESUS nooi al die kindertjies om na HOM toe te kom, daardie baba was ‘n geskenk van HOM, eendag sal julle voor die REGTER se stoel staan, en julle sal moet verduidelik aan HOM !!!!

lee ·

OK JY SE DIE MA IS ONTSKULDIG HOEKOM HET SY HOEKOM HET HULLE DAN GELOOP VOOR DR SCAN MET HULLE BESPREEK HET??En get sy Dan nooit hair kind gebad DAT sy nice die Merle gesien het nie?En sy nou jammer gekry moet word!Noway

anet ·

Nee Erika, dit is nie nodig vir ons om te weet wat ons se nie. Ons kan sien en lees wat met die Baba gebeur het, so ook die ma. Sy lieg net so lekker soos die sogenaamde kerel. Ek het geen simpatie of empatie met hulle nie.

Ek hoop dat albei swaar gestraf sal word. Hulle het hierdie onskuldige, weerlose Baba haar normale lewe ontneem. Ek sal ook beslis nie geskaar word onder die sogenaamdes wat onverskoning sal moet vra nie. Die deler is net so goed soos die steler. Die ma het saam gelieg.

Beste mamma, nee ek betwyfel dit, sy het geweet haar baba word verniel

Grant ·

Erika – jy wat dan nou so alwetend is – vertel ons dan hoekom hulle met die kind verdwyn het as hulle niks gehad het om oor skuldig te voel nie of weg te steek nie? Van die trappe en die wasmasjien afgeval – twak man. Jy kan haar maar ‘n paar boodskappe gee van die publiek, aangesien jy so goed bevriend is met haar – ek hoop sy kry alles wat sy verdien en meer in die tronk, want geen Ma wat werd is om ‘n Ma genoem te word sal ooit haar kind self mishandel of toelaat dat iemand anders ‘n vinger op haar kind lê en dit probeer toesmeer nie. Pateties! Walglik!

ai ai ·

As my kerel my kind verniel, en ek is bang vir hom, hy moet een of ander tyd gaan slaap, sal hom met kook water gooi, daar waar dit baie-baie seermaak, duidelik wou die kerel nie die kind versorg het nie, hoekom het sy die “ma” nie die 2 jarige maar eerder vir die pa gegee nie. Ek sal jou 100% ondersteun sê waar en wanneer!

Anna ·

Dis vreeslik hartseer dat iemand so iets kan doen terwyl daar hoeveel mense is wat smag daarna om n ou babatjie te he! Ek hoop dat hierdie ma en vriend elke dag deur hel sal gaan vir dit wat hulle die engeltjie aangedoen het!!!!!

elize ·

hoekom is dat as mense kinders mishandel en word dan uitgevang , is die verskoonning dat hulle niks gesien of gedoen het nie, pleit altyd onskuldig kom hulle in die hof dan is dit hulle was mishandel in hulle kinderjare. weet nie waar die land heen gaan nie. ek self het kind verloor deur misdaad, dit maak my baie hartseer as ek in die koerante moet lees van al die misdaad teen kinders, waar gaan dit eindig as kinders nie eers meer by hulle ouers veilig is nie .

jani ·

Daar is mense wat so bitter graag kindertjies wil he maar nie kan nie, en dan is daar mense soos hierdie wat die voorreg het om lewe in die wereld te kan bring, maar dit misbruik en verwoes… bitterlik hartseer!!!

magda ·

Hulle moet haar sterliseer dat sy nooit weer kinders kan hê nie. Ek wat soooo graag kinders
wou gehad het en n goeie ma sou gewees het het noit die vooreg gehad nie.Maar God slaap nie.

MariskaB ·

Liewe Here hoekom? Hoekom kry sulke mense die voorreg om ouers te word???? Here ek verstaan nie…glad nie!!!!!!!!!!!!!!!! Daai kleine lyfie het niemand gehad wat opstaan vir haar nie….niemand wat die eina weg vat nie…..niemand wat tot die dood sal baklei vir haar gesondheid en geluk nie….. Here hoekom gee U so mooi kleie lyfie vir iemand wat NIKS WORRY nie??? Tye soos die wat ek sulke mense sal dood maak met my eie hande………… die poplap verdien n regte mamma, n mamma wat al haar einas sal weg soen… n mamma wat haar net sal optel en wil vashou en nooit laat gaan nie, n mamma wat sal seker maak dat geen mens haar sal eina maak nie. Ek sit met trane wat rol oor my gesig….sys 2jaartjies oud, haar enigeste 2 jaar in die wreede wereld en sys soos n vloerlap behandel….. HOEKOM????????? Daar is so baie mense daar buite wat so graag n kleintjie wil he en regtig mooi na n kind sal kyk…..

LIEWE BABA L….ek belowe liefie…as die tannie daar was sou ek my arms stompies baklei het vir jou….belowe liefie. Niemand sou naby jou gekom het nie. Die tannie sou seker gemaak het…… Jammer popie dat ek nie daar was nie….. As ek julle net geken het of geweet het waar julle gebly het…. Jis my hart is seer liefie, jy moet rond hardloop en bal skop en lekker swem en saam met maikies speel…nou bid ek vir VOLLE HERSTEL….. met die krag van God kan dit gebeur……………………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.