Baba L het erge breinskade

Baba L se ma verlaat die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1, Twitter

Baba L se ma verlaat die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1, Twitter

ʼn Tweejarige dogtertjie wat slegs as Baba L bekend staan, se brein het so erg geswel dat ʼn gedeelte van haar brein “dood” is, het die hooggeregshof in Pretoria Donderdag gehoor.

Baba L se 20-jarige ma en haar 36-jarige mansvriend het onskuldig gepleit op aanklagte van poging tot moord, kindermishandeling en versuim om behoorlike mediese aandag te skenk. Hulle beweer Baba L het van ʼn stel trappe en ʼn wasmasjien af geval.

Dr. Sizwe Mbili, die neurosjirurg wat Baba L op 30 Desember by die Steve Biko-hospitaal behandel het, het getuig dat sy in ʼn vegetatiewe toestand is met ‘n minimale reaksie op stimuli. Volgens Mbili is Baba L se prognose swak aangesien sy op so ‘n jong ouderdom breinskade opgedoen het voordat sy sekere funksies kon aanleer. Sy sal die funksies waarskynlik nooit kan aanleer nie en vereis voortdurende sorg vir basiese funksies soos voeding.

Mbili het getuig dat Baba L in ‘n koma en op ‘n ventilator was toe sy in die hospitaal se intensiewe sorgeenheid opgeneem is. Sy het ‘n lae bloeddruk, ‘n lae pols en baie min reaksie op pyn gehad. Haar pupille se reaksie op lig was ‘n teken van ernstige breinskade. ‘n Skandering het gewys haar hele brein was geswel en dat daar verlaagde bloedvloei na die brein was.

Volgens Mbili is daar op 1 Januarie ʼn skandering gedoen en het die beserings wat opgemerk is, nie gestrook met die besering wat op 27 Desember opgedoen is toe sy die eerste keer in die hospitaal opgeneem is nie.

Die verhoor gaan Maandag voort.

Lees alle sake wat met Baba L verband hou, op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

bianca ·

Ek dink dis skokkend hoe n Ma kan toelaat dat enige iemand haar poplap kan seer maak,dai 2 jarige was normaal met n vol lewe wat voor ha gele het nou het sy niks sy kan nie eers self op n sy draai nie,in my oe is dit net soo goed soos moord daai 2 monsters het haar lewe gevat! HANG hulle

SNEL ·

Ek stem Bianca, dis vreeslik erg, volmaakte kindjie deur die hande van monsters verwoes. Ek sê ook, daai ma moes geweet het, sy moes dinge wat nie reg is nie gesien het en merke ens. en sy moes opgetree het, maar toe los sy haar kind in die hande van daai gemors. Sy ma moes hóm doodgelê het, hy was gegun om op te groei en n lewe te leef en hy ontneem dit van n onskuldige kindjie wat deur hom beskerm moes word, nou is sy verwoes.

Annie ·

Ek dink dit is wreed en n daad wat die ouers voor moet sit. Die ma moes sekerlik geweet het wat aangaan, my mening is hulle het dit nie een keur maar twee maal toegelaat en moet nou die verandwoordelikheid dra. Baba L het nog nie eens met haar lewe begin en nou moet sy met die breinskade saamleef. Skaam julleself ouers.

Elizabeth ·

Ek het al so my mond uitgespoel oor hierdie saak, maar eintlik het ek nie genoeg woord om te beskryf hoe ek regtig oor dit voel nie.Hoe naar dit my maak, hoe WOEDEND! Hierdie kindjie het geen “lewe” in die ware sin van die woord nie, sy bestaan net. Deur haar ma en die se kêrel se toedoen en nou wil hulle nog lieg en daarmee probeer wegkom ook. SIEK!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.