Albei ontken dat hulle die dogtertjie, bekend as Baba L, wou vermoor, haar mishandel, of versuim het om mediese behandeling aan haar te verskaf. Staatsaanklaer Salome Scheepers het tydens die twee se vorige hofverskyning in November gesê Baba L se ma is aandadig aan die mishandeling wat tot gevolg gehad het dat haar kind erge breinskade opgedoen het.
Scheepers het aangevoer dat Baba L se ma nie die beserings raakgesien het nie omdat sy óf nie vir die kind omgegee het nie óf omdat sy en haar kêrel die dogtertjie mishandel en dit probeer wegsteek het.
Die vrou het aan die hof gesê haar kêrel het op 15 Desember ʼn teksboodskap aan haar gestuur om te sê dat Baba L by die trappe afgeval het, en op 27 Desember het hy gesê die baba is bewusteloos nadat sy by ʼn wasmasjien afgeval het.
Die hof het gehoor dat Baba L vir nagenoeg ʼn uur lank bewusteloos was op 27 Desember 2013 voor haar ma by die huis aangekom het en haar hospitaal toe gevat het.
Dr. Lorraine Du Toit-Prinsloo, ʼn forensiese patoloog, het getuig dat die kleuter reeds in ʼn koma was toe sy op 30 Desember 2013 na die hospitaal gehaas is. Sy het bloeding op haar brein, ʼn fraktuur in haar heup, bloed in haar maag, ʼn gekneusde nier, ʼn ernstige besering aan die pankreas en kneusplekke oraloor haar lyfie gehad. Sy was in ʼn vegetatiewe staat weens erge breinskade.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Dis te laat vir trane sussie, as julle skuldig is, moet julle maar die prys betaal. Daai mensie het nie gevra om in hierdie wêreld te wees nie, en dit was jou plig om na haar om te sien, beskerm, voed, klee … As jy haar dan nie wou gehad het nie, is ek seker daar is baie kinderlose paartjies wat graag sou wou.
Dit is opmerklik dat die geregsdienaar agter die lafaard so knopperig is.
En wanneer hulle tronk toe gaan moet die Staat vir hulle werk gee wat ‘n inkomste kan verdien, en dit dan alles net so weer by hulle vat vir die hospitaal behandeling van Baba L en ander in haar toestand agv mense soos hierdie patetiese ouers.
Ek het ‘n babetjie van 4 maande en 2 weke. En elke keer as ek vir haar kyk of aan haar dink vermurwe my hart. As ek net bietjie hard met haar praat, voel ek soos ‘n vark. Hierdie vrou verdien nie om ‘n ma genoem te word nie. As sy regtig omgegee het sou sy in die eerste plek nie haar boyfriend toegelaat het om na haar baba te kyk nie. Of dit nou sy kind is of nie… Die kneusplekke vertel ‘n baie lang storie. Sies vir jou, vroumens. Hoop dat jy nooit weer ‘n kind sal kan… Lees meer »