Baba L: Ma onskuldig, kêrel skuldig

Baba L se ma verlaat die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1, Twitter

Baba L se ma verlaat die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1, Twitter

Die hooggeregshof in Pretoria het die 21-jarige ma wat daarvan verdink is dat sy saam met haar kêrel haar tweejarige dogtertjie mishandel het, onskuldig bevind.

Regter Nico Coetzee het die ma vrygespreek op al die aanklagte teen haar maar haar 36-jarige kêrel skuldig bevind aan kindermishandeling. Volgens Coetzee kon die staat nie bewys dat die kêrel die bedoeling gehad het om die kind te vermoor nie. Die kêrel is vrygespreek op die aanklagte van poging tot moord en die versuim om mediese behandeling aan haar te verskaf.

Coetzee het die kêrel se verweer dat die dogtertjie, bekend as Baba L, van ʼn stel trappe en ʼn wasmasjien af geval het, verwerp. Hy het die getuienis van mediese kenners dat Baba L mishandel is, aanvaar. Hy het ook dr. Lorraine Du Toit-Prinsloo, ʼn forensiese patoloog, se getuienis dat Baba L se kopbesering, die fraktuur in haar heup en die ernstige beserings aan haar pankreas deur harde houe en nie ʼn val veroorsaak is nie, aanvaar.

Coetzee het die kêrel se getuienis dat hy die beseerde kind by ʼn vriend gelos het terwyl hy inkopies gaan doen het, verwerp. Hy het gesê daar is geen twyfel dat die kêrel Baba L vir langer as ʼn uur alleen in die bad gelos het en dat sy amper verdrink het nie.

Die staat het aangevoer dat Baba L se ma bewus was van die mishandeling. Coetzee het die getuienis van ʼn huiswerker dat die ma lui is en meer belangstel om te slaap na nagskofte as om na haar baba om te sien, aanvaar.

Die verhoor gaan Maandag voort.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Baba L.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

bianca ·

Wat de hell altwe moes op gegaan het vir poging tot moord die Ma het presies geweet wat aan gaan altwe is gemors en klaar en so steek die gereg vir Baba L ook in die rug

Charlene ·

DIS SIEK!!!!!!!! ek kan nie glo sy loop nie. Dis skokkend. Jy is nie die woord ma werd nie. Jy is sleg. (en `n paar ander woorde wa en verkies om nie te gebruik nie)
Net voor die berig lees ek die hartseer verhaal van Karlien wat haar baba verloor het en dan die een ding wat haar baba, haar geskenk net so verwaarloos het. God sal oordeel!

Etienne ·

Hou op om vir Karlien te verafgod asb. Sy is niks meer werd as enige ander mens nie. Word groot

Nina ·

Ag, werklik, Etiene! Sy het bloot genoem van die hartseer van die Hougaards se baba terwyl die gedrog hier bo wat ma genoem word, haar kind so laat verwoes het! Word JY groot. Pateties.

Babs ·

Waar jong mense kinders so mishandel, moet die hof seker maak die vrou word gestuur vir ‘n historektomie en die man vir vasektomie. Geen kinders vir hulle in die toekoms.

scalla ·

Kyk na die ouderdomsverskil, jimpels, die ma is ook aanspreeklik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.