Baba L: Saak gaan hooggeregshof toe

Baba L se ma verlaat die hof tydens 'n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1

Baba L se ma verlaat die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1

Die saak van ‘n 20-jarige vrou en ʼn 36-jarige man wat daarvan verdink word dat hulle haar tweejarige dogtertjie mishandel het, het Woensdag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof voorgekom.

Rekord Pretoria-Noord het berig die saak is op versoek van staatsaanklaer Tania Claasen tot 17 Julie uitgestel, aangesien daar nog nie ‘n datum vir die verhoor by die hooggeregshof beskikbaar is nie.

Die koerant berig die ma, wat op borgtog van R10 000 vrygelaat is, het kalm in die hof voorgekom.

Die man, wat steeds in aanhouding is nadat sy aansoek om borgtog twee keer geweier is, se voormalige regsverteenwoordiger het hom van die saak onttrek. Heinrich Moldenhauer sal hom verder verteenwoordig. Lees meer hier.

Die ma en die man is op 4 Januarie by die Steve Biko-hospitaal in hegtenis geneem kort nadat Baba L, soos sy in die media bekend staan, opgeneem is met ernstige kop- en lyfbeserings. Sy is behandel vir gebreekte ribbes, ʼn skedelbreuk, bloeding op die brein en gaatjies in haar pankreas en niere. Die man het beweer hy en Baba L het saam by die trappe afgeval. Tydens ʼn ander geleentheid het hy beweer sy het van die wasmasjien afgeval.

Die twee staan tereg op aanklagte van poging tot moord, kindermishandeling en versuim om mediese sorg aan haar te verskaf. Volgens Baba L se pa het sy permanente breinskade na die ongeluk opgedoen.

Bron: Rekord Pretoria-Noord

Lees vorige berigte oor Baba L op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

theresa oosthuysen ·

Baba L j is in ons familie se gedagtes en gebede. Jou liefste tannie

Behlia ·

Hierdie bly vir my ‘n baie hartseer saak. Nie vir die twee volwassenes nie, maar vir die babatjie. My hart gaan behoorlik uit na haar.

Maroela, het julle enige idee van hoe dit nou met haar gaan?

AmY ·

My hart gaan uit na die babatjie. Ek hoop sy gaan ‘n beter lewe hê as daai twee volwassenes eers uit haar lewe verwyder is.

Niemand weet presies wat daar gebeur het nie, maar Baba L is nie veilig by hulle nie.

Ek hoop sy herstel volkome, en word ‘n pragtige mensie.

Michelle ·

Dis so hartseer!! Ek dra baba L en mamma in my gebede op. Ek weet agv persoonlike kontak vir n feit mamma is onskuldig, dit moet vir haar baie erg wees om te weet dat die persoon vir wie sy vertrou het met toesig oor baba L terwyl sy werk haar kind leed aangedoen het. Sy stap n pad een groot rowwe ene. Ek bid vir jou en jou prinsessie xxxxx

Mickey ·

Se vir baba L se ma ek klap hande vir haar uitmuntende vertoning. Nou sien almal haar as die slagoffer. Dis seker presies wat sy wou gehad het . Ek hoop van harte baba L se Pappa kry toesig oor haar en dat sy haar kind nooit weer sien nie. Haar kind was voorheen al aangerand en sy het niks daaromtrent gedoen nie. Dit het vir ‘n lang tyd aan gegaan en nou wil sy ‘n krokodil traan pik. Sy hou seker van al die aandag. Nee wat dankie.

Mickey ·

Dis vir my die ergste dat die ma naief is en nie ‘n duit omgee vir haar kind nie. Ek is bly die kindjie is by haar Pappa. Hy sal mooi na haar kyk en seker maak dat die kindjie se gemors van ‘n Ma en kerel nie die kind ooit weer leed aandoen nie. En al het die ma fisies niks aan die kindjie gedoen nie, het sy nie haar kerel gaan rapporteer nie. En liefde se maai!! Media berigte se dat die kindjie al voorheen aangerand is. So ja sy is ook skuldig. Ek hoop Baba L kan eendag haar ma en die ma se kerel vergewe vir wat hulle aan haar gedoen het. Die lewe is so wreed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.