Baba L se ma getuig

Baba L se ma verlaat die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1, Twitter

Baba L se ma verlaat die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1, Twitter

Die ma van ʼn tweejarige dogtertjie, wat slegs as Baba L bekend staan, het Donderdag aan die Pretoriase hooggeregshof gesê sy het nog nooit haar dogter seergemaak nie.

Haar prokureur, Pieter Coetzee, wou by die 21-jarige weet of sy Baba L ooit aangerand het. Sy het dit ontken.

Die vrou van Pretoria-Noord en haar 37-jarige kêrel ontken dat hulle die vrou se dogtertjie wou vermoor, haar mishandel, of versuim het om mediese behandeling aan haar te verskaf.

Die vrou het aan die hof gesê haar kêrel het op 15 Desember ʼn teksboodskap aan haar gestuur om te sê dat Baba L by die trappe afgeval het, en op 27 Desember het hy gesê die baba is bewusteloos nadat sy by ʼn wasmasjien afgeval het.

Die vrou het na foto’s van Baba L gekyk nadat sy op 30 Desember in ʼn koma in die hospitaal opgeneem is en sy het die beserings uitgewys wat sy kon onthou.

Die hof het Woensdag gehoor Baba L het by die trappe afgeval en ineengestort en was bewusteloos in haar ma se kêrel se sorg. Die man het gesê die baba het ná die val gehuil en hy het haar vasgehou en gesoen en haar getroos voordat hy haar teruggeneem het na die woonstel toe. Hy het ook beskryf hoe die kleuter glo op 27 Desember van ʼn wasmasjien afgeval het. By die hospitaal het die dokter glo aan hulle gesê die kind het slegs ligte harsingskudding opgedoen.

Die ma het Donderdag gesê haar kêrel het gereeld na die baba omgesien, haar gebad en nooit ʼn rede gegee waarom sy hom nie moet vertrou nie. “Hy was liefdevol en het haar versorg. Hy het vir haar speelgoed en klere gebring,” het sy gesê.

Toe sy op 30 Desember by die Akasia-hospitaal opdaag, was hy reeds daar en het bang en geskok gelyk.

Coetzee het, voordat sy kliënt begin getuig het, versoek dat die saak teen haar onttrek moet word, maar staatsaanklaer Salome Scheepers het gesê tussen 27 Desember en 30 Desember is Baba L beseer en toe was haar ma die heeltyd by haar. Scheepers het gesê óf die ma het Baba L seergemaak, óf sy het geweet die kleuter word mishandel en het niks daaraan gedoen nie. Die staat het dus ʼn saak teen die vrou.

ʼn Mediese kenner het Dinsdag getuig dat Baba L se beserings nie per ongeluk opgedoen is nie, en bevestig die kind was ʼn slagoffer van kindermishandeling.

Dr. Lorraine Du Toit-Prinsloo, ʼn forensiese patoloog, het getuig dat die kleuter reeds in ʼn koma was toe sy op 30 Desember na die hospitaal gehaas is. Sy het bloeding in haar brein, ʼn fraktuur in haar heup, bloed in haar maag, ʼn gekneusde nier, ʼn ernstige besering aan die pankreas en kneusplekke oraloor haar lyfie gehad. Sy was in ʼn vegetatiewe staat weens erge breinskade.

Die saak duur voort.

Lees vorige berigte oor Baba L op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

2Roedolf1 ·

Ek wil n blikwurms oopmaak want dalk kyk almal dit mis die ma word mishandel deur daai man en is te bang om teen hom te getuig .dalk is ek verkeerd maar laat haar praat waar hy nie by is nie .en daar sal n ander storie uitkom

Esmerelda ·

HOE kan ñ ma dit aan haar EIE kindjie doen???? Dis om van naar te raak!! Weet jy nie dat ons Hemelse Vader jou verantwoordelik hou vir al die dinge wat jy daai arme onskuldige kindjie aan gedoen het nie. Jy verdien nie om ñ ma genome te word nie.

Sollie ·

Nou sê die ma die man het haar gebel (27 Des) en gesê die kind is bewusteloos omdat sy van die wasmasjien afgeval het. In ‘n ander berig het HY gesê sy het van die wasmasjien afgeval en haar kop het geklap en toe vra hy haar of sy reg is en sy het ja gesê! Kyk hoe verskil die stories nou ne! Hulle lieg hulself in ‘n hoek in.

pop ·

Glo al skoon al hulle leuens. Geen sweem van berou. Sies!!!!!!

p ·

Sê nou maar al die deskundiges is verkeerd en dat Baby L rerig van die trappe en wasmajien afgeval het. Daar was al beslis in die verlede wat deskundiges verkeerd was. RIP Baby L

Erika ·

Baba L is nie dood nie, so ons sal dit waardeer as elkeen van julle ophou slegte kommentaar lewer en eerder daai tyd vat om vir haar gesondheid te bis ASB!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.