Baba L se ma was aandadig in mishandeling, hoor hof

Baba L se ma verlaat die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1, Twitter

Baba L se ma verlaat die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: @MiaWil1, Twitter

Die ma van ʼn tweejarige dogtertjie, wat slegs as Baba L bekend staan, is aandadig aan die mishandeling wat tot gevolg gehad het dat haar kind erge breinskade opgedoen het, het die hooggeregshof in Pretoria Vrydag gehoor.

“As jy so goeie ma was, soos wat jy in die hof voorgehou het, sou jy dit [die beserings] opgemerk het,” het staatsaanklaer Salome Scheepers tydens kruisondervraging gesê. Baba L se ma het egter volgehou dat sy nooit haar kind seergemaak het nie en dat daar seker beserings was wat sy nie gesien het nie. “Baba L het geen beserings in my sorg opgedoen nie,” het die 21-jarige gesê.

Scheepers het aangevoer dat Baba L se ma nie die beserings raakgesien het nie omdat sy óf nie vir die kind omgegee het nie óf omdat sy en haar kêrel die dogtertjie mishandel en dit probeer wegsteek het.

Die vrou van Pretoria-Noord en haar 37-jarige kêrel ontken dat hulle die vrou se dogtertjie wou vermoor, haar mishandel, of versuim het om mediese behandeling aan haar te verskaf.

Die vrou het aan die hof gesê haar kêrel het op 15 Desember ʼn teksboodskap aan haar gestuur om te sê dat Baba L by die trappe afgeval het, en op 27 Desember het hy gesê die baba is bewusteloos nadat sy by ʼn wasmasjien afgeval het.

Die vrou het na foto’s van Baba L gekyk nadat sy op 30 Desember in ʼn koma in die hospitaal opgeneem is en sy het die beserings uitgewys wat sy kon onthou.

Scheepers het Baba L se ma daarvan beskuldig dat sy haar kêrel in die hof probeer beskerm. Scheepers het haar gevra wat sy dink van die patoloog se verslag dat Baba L mishandel is: “In die stadium weet ek nie meer wat om te glo nie. Daar is baie dinge wat nie vir my sin maak nie. Alles wat met Baba L gebeur het is vir my baie traumaties.”

Die hof het gehoor dat Baba L vir nagenoeg ʼn uur lank bewusteloos was op 27 Desember voor haar ma by die huis aangekom het en haar hospitaal toe gevat het. Die kêrel het nie vir haar met die kind gewag nie en die kind was ook nie ten volle geklee nie. Scheepers het Baba L se ma gevra wat sy gedink het van haar kêrel se gedrag, waarop sy geantwoord het: “Ek het nie in daai stadium gedink nie. Al waaraan ek kon dink was om so vinnig as moontlik by Baba L uit te kom. Ek het beskuldigde nommer een geglo, ek het hom vertrou. Hy het my nooit rede gegee om hom nie te vertrou nie.”

Die hof het gehoor dat die kêrel nie vir Baba L se ma na die hospitaal vergesel het nie en dat sy die hospitaal verlaat het sonder ʼn dokter se toestemming nadat sy gehoor het die kind het dalk bloeding op die brein.

Scheepers het aan die hof gesê dit blyk dat Baba L se ma meer geskok was toe sy gehoor het haar kêrel het ʼn vriendin by hulle huis gehad, as toe sy die foto’s van haar kind se beserings gesien het.

Die saak is tot 16 Januarie uitgestel.

Lees vorige berigte oor Baba L op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

anet ·

Dit is ‘n skande, ek is so geskok om te lees van die trauma wat Baba L as ‘n ou babatjie moes deurgaan. Ek hoop dat die ma en die vriend baie swaar gestraf sal word. Die doodstraf is die enigste straf wat voldoende sal wees vir hierdie twee wrede, liefdelose mense. Dit sal beter wees om sulke mense uit die samelewing te verwyder, en steriliseer hulle asseblief.!!!

sanet ·

Wonder waar is almal dan nou wat so aan gegaan het dat die ma ontskuldig is?????Want soos julle dadelike gehoor het hoe die drs ens getuig en fotos ens gewys het?Hoe kan sy dan ontskuldig wees het sy dan nooit die merk gesien nie lol kom asb sy net so skuldig soos die boyfriend !En n ma wat dit toe laat is net so skuldig sy was deel sy het hosp verlaat sonder die dr se goed keuring lol. En sy was dat erger geskok oor die vriendin as haar gebroke kind se liggaam

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.