Baba langs skoolveld gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Baba wat vroeër die week langs ʼn skoolveld in Kaapstad gevind is, word steeds vir waarneming in ʼn hospitaal gehou.

Die baba, tussen twee en vier maande oud, is Dinsdag deur ʼn verbyganger gevind in ʼn veld wat as ʼn deurgang gebruik word in Woodlans, Mitchell’s Plein. Die baba het op ʼn kombers gelê.

Die polisie het in ʼn verklaring bevestig dat die baba na die Lentegeur-distrikshospitaal geneem is vir mediese behandeling. ʼn Polisiebron het aan News24 gesê die babadogtertjie lyk gesond en goed versorg.

“Die baba lyk nie verwaarloos nie. Die plek waar sy gelos is, word gereeld deur voetgangers gebruik wat daarop dui dat die persoon wou gehad het dat sy vinnig gevind moet word,” het die beampte gesê.

ʼn Sak klere is ook by die baba gevind. Die polisie ondersoek ʼn saak van kinderverwaarlosing en enigiemand met inligting kan ao. Nicholas du Plessis bel by 079 890 6862.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter dP ·

Ai moet nie krap nie. Die Mamma weet nie meer wat om te doen nie. Sy wil annoeniem bly en soo doende die baba ge los waar iemand die kon vind en mag n kinderlose paar soo vreegde vind met die op tel baba.

Pierre Celliers ·

Ek stem saam Pieter. Mens weet nie wat haar omstandighede is nie en waarskynlik hou sy die baba dop van ‘n afstand om seker te wees dit is veilig, totdat dit opgetel word. Geen moeder gee haar baba goedsmoeds weg nie, en hier is waarskynlik ‘n treurige verhaal hieragter.

Kowie Mare Namibia ·

Liewe mense dit is baie hartseer om dit te lees, die mamma kan dalk nie meer sorg nie en sy het dit gedoen om vir haar kindjie in beter lewe te gee . Moet nie eers die mamma prober opspoor nie jul maak dit net nog swaarder vir haar . AS NIEMAND HAAR WIL HE NIE EK SAL HAAR MET OPE ARMS VAT , LAAT WEET MY NET .

Jakes ·

Gaan ongelukkig al hoe meer en meer gebeur. Ons buurlande se inwoners stroom ons land onwettig binne om hier te kom werk (en te plunder) Dus sit hope van ons eie burgers sonder werk, juis omdat die onwettiges aangestel word. Armoede en alles wat daarmee gepaard gaan sal dus net erger en erger word. Kyk ook na die statistieke wat onlangs bekend gemaak is rakende swangerskappe onder die skoolkinders. Daaruit lei ek suiwer af dat ‘n groot hoeveelheid kinders definitief nie skool toe gaan om te leer nie…. Dis nag vir ons.

CHRISTA ·

Ek dink die grootste probleem met die skoolkinders wat swanger raak is die toelaag wat hulle ontvang, totdat hulle die baba het en DAN sien die toelaag dek nie eers die HELFTE van die koste om so ‘n baba te versorg en onderhou nie!! Daarom vind jy dagoud babas wat selfs in asblikke gevind word!!!

Lynette ·

Ai tog daar is baie mense wat sou help om die baba in veilige omstandighede sou sit . Ek se nie gooi die vrou dood met klippe nie . Laat sy self te voorskyn kom met haar eie verhaal . Ek dink nie n mens met n hart sal sommer net so weggooi nie . Bring vir my ek help graag .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.