Baba langs sy bakkie pap gevind

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Die polisie in die Vrystaat is steeds op soek na die ma van ʼn baba wat op 29 September langs sy bakkie sagte pap gevind is.

Sers. Ikobeng Hlubi, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn paartjie het die aand huis toe geloop toe ʼn huilende baba skielik hul aandag getrek het. “Hulle het ondersoek ingestel en op die babaseuntjie afgekom. Hy is langs Caleb Motshabi- informele nedersetting in Bloemfontein gevind. Hy het ʼn blou sweetpakbaadjie en wit kortbroek aangehad. Die baba is vermoedelik ses maande oud.”

Hlubi het gesê die paartjie het die baba huis toe geneem en die saak by die polisie aangemeld. “Kagisanong-polisie ondersoek ʼn saak van kinderverwaarlosing. Die babaseuntjie is intussen in ʼn plek van veiligheid geplaas.”

Die polisie is egter steeds op soek na die ma van die baba. “As jy van enigiemand weet wat ʼn babaseuntjie gehad het en skielik nie meer ʼn kind het nie, of nie enige geldige redes vir die verdwyning van die kind het nie, word jy versoek om jou naaste polisiestasie te kontak of die ondersoekbeampte kons. Lulama Bulawa by 051 406 4485 of 082 467 6702.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Empatie ·

Die feit dat die baba juis op dié plek gelos is sê vir my dat die mamma wou hê dat n barmhartige Samaritaan haar baba moes kry sodat hy n beter lewe moes kry. Sy was verseker desperaat. Miskien het sy vir haar baba se lewe gevrees juis oor mensehandel, muti of die wreedheid van haar metgesel. Maklik om te oordeel as jy nie die omstandighede weet nie. n Ma bly n ma maak nie saak wat die taal of kleur is nie.

Nee Empatie ·

Daar is BAIE ANDER dinge wat die ma kon doen as sy gevrees het vir haar kind se lewe – hierdie VIR SEKER nie een van hulle nie.
Dis nie oordeel nie – dis die wet en kinders moet beskerm word deur ouers wat hulle verwaarloos/weggooi/mishandel.

Ek kry ook die ma jammer, want ja, sy moes baie desperaat gewees het, but she chose the WRONG WAY…

Delia ·

Dalk is die Ma self ook leed aangedoen. Soms oordeel ons net te vinnig sonder al die feite tot ons beskikking.

Lien ·

Hoekom neem almal aan dis die ma wat die baba daar gelos het hoe is dit moontlik dat daar nooit n pa betrokke kan wees.

elizenaude ·

ag die mensdom is tog so geneig die splinter in die ander se oog te sien…

Ann ·

Dis dalk ʼn ma wat onder vreeslike huislike geweld is. Sy het gedoen wat sy gedink het reg is – om haar baba te beskerm. Net die feit dat sy haar seuntjie op ʼn strategiese plek neergesit het waar daar mense loop, sê vir my sy het dit uit moederliefde gedoen. Ander vrouens sou dalk die baba in ʼn puttoilet gegooi het, of sommer in ʼn rivier …
Moenie te vinnig oordeel nie mense!! Sy het soos Moses van ouds se ma gemaak en ʼn beter heenkome gesoek en gevind.
Ek hoop sy is ongedeerd – en ek hoop ook sy sal met haar sentjie herenig word.

Skerpioen ·

Lees ek reg. Hierdie baba is alleen op die 29ste Sep gevind en Maroela se berig is eers op 15 Okt geplaas. Mooi man. Ek kan sien met watse ernstigheid na die kind se mamma of ander familie gesoek word. Arme kind!!!

SoosDitIs ·

Die polisie het dalk nou eers hulp gevra deur die media te benader om te kyk of hulle so die ouers kan opspoor.

Anoniem ·

Die bakkie pap wat langs die baba gelos is, is vir my ‘n hartseer simbool. Dit laat my wonder of die ma die baba uit desperaatheid daar gaan neersit het, en nog vir oulaas wou verseker dat hy/sy vir ten minste nog een maaltyd versorg is.

Piet ·

Ja Anoniem jy is reg as jy se dat hierdie bordtjie pap simboliseer so baie, verlies, swaarkry, wanhoop, verwerping en nog so baie meer. Dis so jammer dat die regering so onbevoeg en korrup is. Afrika word geken aan hongersnood en wanhoop en SA is geen uitsondering nie, dit is waarom sommige mense nie vir n “Afrika regering” wou stem nie.

SoosDitIs ·

Die kind het nou n beter toekoms. Dis dalk nie ideaal om in pleegsorg te bly en so aan nie, maar ek is seker dis beter as om in informele neddersetting groot te word.

Ek hoop die ma is okay. Dit vat baie van n ma om haar kind net te los.

Elsa ·

Ons kan maar net bespiegel, maar miskien leef hierdie ma dalk nie eens meer nie. Sy het dalk haar baba daar gelos omdat sy geweet het haar en haar baba se lewens is in gevaar en hierdie was haar laaste poging om sy lewe te spaar. ‘n Eggenoot of die vader van die kind kon die kind dalk ikn die hande kry en doodmaak as sy die baba by bekendes gelos het. Hoe sal ons weet?

Tamzon du Plessis ·

Die opskrif het my ‘n paar keer laat kopkrap.

Het die baba sy eie bakkie ?
Is hy pap langs sy bakkie gevind?

Gelukkig is die arme baba toe geholpe

huh ·

hoe slim tog. ooskrif sê Baba langs sy bakkie papgevind. plein en simpel wat dit is.

GM ·

Tamzon, dis waar komma’s, op die regte plekke, inkom. As daar tussen die woorde ‘bakkie’ en ‘pap’ ‘n komma was, dan kon jy dink dat die kind pap, langs sy bakkie gevind is. Maar die opskrif is heel duidelik in die geval.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.