Baba langs Vrystaatse grondpad gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is op soek na die ouers van ʼn paar dae ou baba wat Saterdag in lang gras langs ʼn grondpad in ʼn landelike gebied naby Bethlehem gevind is.

Brig. Billy Jones, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn sersant verbonde aan die Bethlehem-polisiestasie het plase in die omgewing besoek en was omstreeks 14:00 op pad terug toe ʼn voetganger haar langs die pad gestop het.

“Die voetganger het gesê hy het langs die pad gestap toe hy ʼn baba hoor huil het. Hy het in die lang gras gesoek en op ʼn baba afgekom wat in komberse toegedraai was. Sy het ʼn doek, ʼn wit truitjie en ʼn gebreide mussie aangehad,” het Jones gesê.

Die sersant het die baba na die Phekolong-hospitaal geneem waar dokters gesê het sy is na raming vier of vyf dae oud. Die baba was in ʼn stabiele toestand, maar baie honger, het Jones gesê.

“Dit is nie in dié stadium duidelik wie die baba daar gelos het of hoe lank sy daar gelê het nie. Die polisie is op soek na haar ouers en vra mense met meer inligting om met hulle in verbinding te tree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Chantell ·

Dis wreed om n baba net Lang’s die pad te gaan damp.as Jy wil kinders maak maak hul Dan Groot hul het nie gevra om daar te wees.as Jy hul nie soekvra Dan vir aanneem ouers daar is baie wat Baba’s soek.hoop hul kry jou wie die MA van die baba is en stuur jou tronk toe Jy is nie n MA se gat werd Jy moet gestraf word en gaan brand in die Hel jou wrede ding.

Dolla ·

EK STEM SAAM MET JOU!! Ek wou so graag nog ene hê maar konnie en die ouers gooi hulle kinders weg!!! ????

Jef ·

Daar moet n DNA databank kom van almal in SA ,as daar dan so iets gebeur dan kan hulle mos die ouers vinniger opspoor.
Nie net die ma nie maar ook die pa moet boet vir hulle sieklike daad, seker nie geld gehad om n kondoom te koop nie, ek walg van sulke mense.

Eliza-beth ·

Absoluut walglik as ek dink hoe baie mense smag na ‘n kleinding. Laer as amebe

Penellope Jones ·

So iets gaan my verstand te bowe. Ek verstaan dit doodeenvoudig nie. Gaan laai dan asb die baba by ‘n hospitaal, n polisiestasie, ‘ n dokter af, by iemand wat onmiddellik kan optree! Mens kan mos nie ‘n babatjie net langs die pad laat nie??? Hoe kry mens dit reg?

Hannelie ·

Hoekom het jy nie eerder jou kind vir iemand verniet gegee nie. Jy is te sleg om ‘n ma genoem te word. Mag jy nooit weer kinders kry.

Amanda ·

As ek haar gekry het was sy myne hulle se mos optel goed is vat goed

Ruth ·

Ek sou ook niks gesê het nie, haar net as mt eie grootmaak met meer liefde as wat sy kan hanteer..
.

Deb's ·

Ja, ek stem, ek sou haar ook gehou het. Dis harteloos wat die ma gedoen het.

E ·

Daar is mos staats hospitale en klinieke wat voorbehoedmiddels verniet gee!!!!
siek verby.

ashley ·

Ek weet van n soort gelyke voorval 2 jaar gelede waar die johannesburg metro polisie op n baba van 2 jaar oud af gekom het op die N1 hoofweg n paar meters voor die grasmere toll plaza .hulle het patrolie gedoen.n vragmotor besturder uit die rigting van bloemfontein het amper bo oor die baba gery en hy moes toe vinnig rem dis toe die metro polisie sien dat die vragmotor swenk oor die pad en hulle jaag toe na die vragmotor toe se die bestuurder daar is n baba in die pad die metro polisie het toe met die baba na die welsyn gejaag

Judy-anne ·

Ek kanie glo mense doen dit nie dit is vreeslik sies!!!!!!!

Theresa B ·

Hierdie mense wat die babas so weggooi soos vuilgoed – verstom my elke keer. Dit wys jou maar net dat daar GEEN menslikheid is nie.

AmY ·

As jy dan jou kind wil dump, gaan los haar ten minste op ñ kinderhuis se stoep! Maar sommer net so langs die pad? Liewe hemel!!!

Testertjie ·

Ek is so bly vir die engel liewe Jesus op daardie oomblik op die baba se pad gestuur het. Anders het diere dalk op die baba afgekom. Dankie Jesus.

Isabell ·

Daar is so baie mense wat nie kinders kan kry nie . Dit is so wreed .

Lelani ·

ag nee regtig kon sy nie maar haar net by ‘n kinderhuis gaan los het nie??

EMK ·

Ek mag verkeerd wees maar is dit nie omdat hulle “child support” van die welsyn wil eis en as hul die baba na ‘n kidnerhuis/plek van veiligheid geneem het kan hulle mso nei eis nie. Nou maak hul links en regs kinders en wil nie einlik die kidners hê nie, soek net die toelae, so gee nie ‘n flenter om wat van arme kind word nie. Daar was ‘n ruk gelede ‘n berig in Maroela oor hoeveel babas net duer die ma’s gelos is bv in Leratong hospitaal. Glo my daai ma’s gaan steeds toelae eis al los hul die kind net daar. Dis tyd dat elek baba se vingerafdrukke geneem word en as die ma by die welsyn opdag MOET die kind saamwees en die vingerafdrukke weer ge”scan” word om seker te maak dis nie net sommer enigeen se baba wat geleen is vir die geleentheid nie (soos die bedelaars by robots wat al uitgevang is dat hulle sommer enigeen se kind saamvat net om simpatie en dus geld te kry!). dis die enigste manier hoe mens hierdie tipe van swendelary gaan stopsit. En let wel, ek sê nie dis wat hier gebeur het nie, maar dit klink net weer na so iets.

Su ·

Die Welsyn doen dit alreeds . . As jy gaan registreer by SASSA word daaf vingerafdrukke van baba/kind gevat en die mamma . . Maw jy kanni eis as die kind nie by is nie en ook nie aanhou eis nie want dit word gekontroleer . .

amelia ·

Ek is woonagtig in die omgewing en moet se al het ek inligting van iets gehad, sou ek nie juis kon help. Netnou beskuldig jy die verkeerde mense want nerens is ‘n beskrywing van niks. ‘n Geslag, dae oud en ‘n baba? Geen mens kan ‘n ander ‘n verdagte maak op so min inligting nie. Wat van meer spesifiek waar? Daar is baie plase in Bhm distrik. Wat van velkleur/vermoedelike ras? Dalk ‘n fototjie van baba en klere? Dalk het iemand dai spesifieke kleertjies vir ‘n vrou gegee en dan kan dit lei na die moeder. Niksseggend en regtig in vandag se tyd kan jy dalk aangekla word vir foutiewe inligting of kwaadstekery. Nee hou maar eerder my neus uit die een uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.