Baba lewend in asblik gevind

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Pasgebore baba is Sondagoggend in ʼn asblik in Olievenhoutbosch in Centurion gevind.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911 het gesê hul paramedici is omstreeks 10:00 na ’n plaaslike polisiestasie ontbiedwaar hulle die pasgebore baba aangetref het wat sukkel om asem te haal.

“Die baba is glo deur ʼn voetganger in ʼn asblik gevind. Die persoon het die baba na ʼn kerk toe geneem waar die baba in komberse toegedraai is. Iemand het toe met die seuntjie na die plaaslike polisiestasie gery.”

Volgens Dollman was die plasenta steeds aan die baba vas.

“Paramedici het die kind behandel vir hipotermie en daarna na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Tammy ·

Dit raak nou baie algemeen om pasgebore babas weg te gooi. Die moeders moet tot verantwoording gebring word. Hulle kan nie net kinders verwek en hulle dan weggooi om hulle verantwoordelikheid te ontduik nie. Kyk hoe swak gedra vandag se vrouegeslag hulle!!! Dit is ook n rede tot die hoogste egskeiding syfer, die dames adverteer hulle en gee nie om van wat ook al die gevolge is en hoe om daarmee te deel nie. Hulle gooi net eenvoudig die gevolge van hulle dade in in asblik of op n ashoop of in n veld weg.

Anoniem ·

Tammy, dis ook moontlik dat hierdie baba dalk die resultaat is van verkragting. Ons land het hoeka die slegte reputasie van ‘n hemelhoë verkragtingsyfer. Hoe dit ook al sy, as die ma om watter rede ook al die baba nie wil hê of nie vir die baba kan sorg nie, kan die baba eerder afgegee word waar die baba versorging kan kry, as om die baba weg te gooi en indirek te vermoor.

Penelope ·

Dit lyk of dit al meer begin gebeur dat mense babas net in asblikke weggooi. Dis so onmenslik.
As jy voor jou heilige siel weet dat jy nie ‘n kind wil he nie, laat jouself steriliseer. ‘n Kind is ‘n geskenk van God en jy sal nie ongestraf bly nie. Hoekom draai jy nie die dingetjie dan in ‘n kombersie toe en los dit tenminste by ‘n kinderhuis of kerk as jy dan moet….
Daar is soveel mense wat nie kinders kan he nie, wat uitstekende ouers sou wees.
Dis so hartseer….. watse tipe mense doen dit?

Sê maar net ·

Dit maak my naar!!!!! Hier is ons, smag na n ou baba geluidjie, kinder laggies in ons huis. Na 9 jaar, stilgeborene, in vitro’s, amper aanneming…ensovoorts ensovoorts…ons bly maar biddend!!

hilda ·

My hart gaan uit na al die ouers wat nie kinders kan he nie as ek kon was n suggoraatma vir almal van jul,weet net nie of ek na 9 maande my kind sal kan weggee nie maar ja…. Kinders is n blessing van God en die wat hul nie waardeer deur hul weg te gooi,te mishandel of dood te maak(aborsie) gaan eendag rekenskap gee aan die Groot Man daar bo en eks bly eks nie hul nie

Ronel ·

@Hilda. NEt ‘n regstelling op jou kommentaar. Ek was ‘n surrogaat, mens gee die babatjie terug, nie weg nie. Jy as surrogaat het net die voorreg om die paartjie se babatjie te dra. Dis nooit “joune” nie.

E.K. ·

Ai… en dit is so koud. Ek hoop daai een se gewete ry haar – as sy so-iets het. Die wiel draai mos maar.

Sarita ·

Daar is so baie van ons wat nie kan swanger raak nie en wat sal gee om so n babatjie aan te neem en n goeie huis kan gee. Gee kind liewer by CMR af dan het die kind darm n toekoms en ouers soos ons kan die vreugde beleef van n kind. Onthou net eendag sal jy moet rekenskap gee wat jy gedoen het

sniffie ·

geen vrou hoef n ongewendse baba in die lewe te bring nie. nes geen vrou n ongewensde swangerskap hoef te trotseer nie. self nie eers as gevolg van verkragting of molestering nie. verskeie vorms van geboortebeperking/voorbehoeding is gratis beskikbaar by klinieke en hospitale. dis dkegheid wat hulle die kinders laat weggooi. dit kom op moord, poging tot moord en self ernstige aanranding en kinder versa at losing neer. DNS profilering van babas en fetusse kan op rekord gaan en teen vroulike pasiente se DNS by hospitale en klinieke vergelyking word. hierdie moorde moet sowaar gestraf word.

M.L. ·

Ek wil net se dat hierdie vrouens wat kinders weggooi gevang moet word, aangekla word van poging tot moord of moord en ook dadelik gestuur word vir sterilisasie sodat hulle geen kinders ooit weer in die wereld kan bring nie want hulle verdien dit nie. Nie eens n sleg hond gooi sy kleintjies weg nie se die gesegde. As n ma kan ek nie verstaan wat deur die vrouens se koppe gaan nie .

Leo ·

Dit gaan my verstand te bowe hoe mens ‘n klein mensie, ‘n geskenkie van ons Vader, net so in ‘n asblik kan gooi asof dit ‘n stuk gemors is. Die klein lyfie het tien teen een so gehuil. Dis reeds ‘n skok vir hulle om na 9 maande, lekker snoesig en warm, in die wêreld te kom en dan is daar nie eens’n warm kombersie om arms om hulle te verwelkom en veilig en knus te laat voel nie. Nee wat, hy of sy kry met ‘n asblik te make waar dit stink en vol kieme is om dan nog nie eens die koue te noem nie. Hoe onmenslik! Self al is dit ‘n ongewenste swangerskap of dalk weens verkragting, is daar plekke waarheen hierdie mense [ja ek sê mense, want sy is nie die titel Mamma werd nie] kan gaan.

Lorette ·

Ai, as ek net dink hoe smag my dogter om swanger te raak! Al amper 11 jr getroud en toetse ens werk ook nie! Miskien moet meer meisies/vrouens voorbehoedmiddels gebruik, selfs vir ingeval hulle verkrag word. In elk geval is dit wettig om aborsies voor sekere termyn te doen! Weggooi is dus nie ‘n opsie nie!

zelda ·

Ek is darm geseend met 2 pragtige dogters,maar dis so hartseer dat ek nooit n seuntjie sal kan he nie agv mediese redes,wens ek kon net so ou “weggooi” seuntjie se mamma wees,my hart gaan uit na almal wat vir enige rede nie kan kinders he nie….en dan so iets moet lees…..dit breek my hart ek kannie begin verstaan hoe hierdie “kinderlose” mensies moet voel……dis baie hartseer…en n wrede wereld….

MARIA ·

AI AI HUIL EK WEER MY OE UIT…. HOE KAN MENSE SULKE DINGE DOEN…. EK WAS OOK VERKRAG TOE EK 18 WAS EN EK HET GEKEER VIR ABORSIE MAAR EK WOU OOK NIE OP DAAI STADUIM N KINDJIE HE NIE. EK HET MY KINDJIE WETLIK GEGEE VIR N MAMMA WAT NIE KINDERS KON KRY NIE.. DIE KINDJIE HET NIE GEVRA OM DAAR TE WEES NIE ONGEAG OF JY VERKRAG WAS OF NIE… EK IS VANDAG GETROUD MET N WONDERLIKE MAN EN HET N DOGTERTJIE VAN 3 JAAR. ONS WOU SO GRAAG NOG N KINDJIE GEHAD HET. UITEINDELIK WEER SWANGER GERAAK ALS GOED GEGAAN EN NET 10 DAE GELEDE OP 21 WEKE MET TWINS HET EK N MISKRAAM GEHAD. NOU HOOP EN BID ONS VIR N WONDERWERKIE OM TE GEBEUR… DIE SEER NOG NIE WEG NIE EK DINK NIE DIT SAL OOIT WEG GAAN NIE. DAN MOET MENS LEES VAN MENSE WAT HUL KINDJIE NET SO WEG GEGOOI HET… SJOE DIT IS ERG.. IN MY LEWE SAL EK NOOIT ABORSIE AS OPSIE VAT NIE, DAAI KINDJIE IS DEEL VAN JOU AL IS JY VERKRAG GEWEES… DIE WAT NIE WEET HOE N ABORSIE GEDOEN WORD NIE GAAN KYK BIETJIE OP GOOGLE JY SAL VINNIG VAN OPSIE VERANDER AS JY JOUSELF INDINK DIT KON JY WEES OF SELF HOE HUL N D&C/D&E DOEN OP N FETUS WAT AL GEVORM HET…

sanet deminey ·

is daar enige manier dat n mens so baba kan aanneem??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.