Baba loop op N1: Ma aangekla van poging tot moord

Argieffoto

Argieffoto

Die landdroshof in Vereeniging het Dinsdag ʼn 19-jarige vrou, wie se babaseuntjie op die N1-snelweg naby die Grasmere-afrit in Gauteng gestap het, se aansoek om borgtog goedgekeur.

“Die vrou is vrygelaat op borgtog van R500 en die kind bly steeds in ʼn plek van veiligheid,” het Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, gesê. Die vrou is oorspronklik van Orange Farm.

Sy staar aanklagte van poging tot moord en kinderverwaarlosing in die gesig.

Die vrou is twee weke gelede in hegtenis geneem nadat haar 16 maande oue babaseuntjie byna deur ʼn vragmotor getref is toe hy op die snelweg gestap het. Verkeerspolisie op die N1 het omstreeks 19:00 op 3 April 2014 gesien die vragmotor swaai uit vir iets, en het toe die baba in die pad opgemerk. Die polisie het vermoed die kind is daar afgelaai, aangesien daar geen huise in die omgewing is nie.

Die vrou moet na verwagting op 20 Mei weer in die hof verskyn. -SAPA

Lees ook:
Ma verskyn in hof oor baba op snelweg
Ma in hof oor baba op snelweg
Ma vas oor baba op snelweg
Baba loop op N1-snelweg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.