Baba Lucas steeds vermis, verdagtes vas

Orderick Lucas word sedertdien 24 Maart vermis. (Foto: Pink Ladies)

Twee mans het Dinsdag in die Blue Downs-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn op aanklagte van ontvoering nadat ʼn babaseuntjie van Kuilsrivier sedert einde Maart vermis word.

Orderick Lucas (1) het op 24 Maart van sy ouerhuis in Kleinvlei in Kuilsrivier, Wes-Kaap, verdwyn waarna sy ma, Davideen Lucas, hom vier dae later by die plaaslike polisiestasie as vermis aangemeld het. Hy is byna tien dae later stééds soek.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans, onderskeidelik 33 en 40 jaar oud, is intussen saam met twee vroue, onderskeidelik 28 en 50 jaar oud, in hegtenis geneem in verband met die baba se verdwyning.

Volgens Van Wyk het die vroue reeds Maandag in dié hof verskyn op aanklagte van kinderverwaarlosing.

Van Wyk wou egter nie in dié stadium inligting verskaf oor hoe die verdagtes met die seuntjie se verdwyning verbind word nie.

Lucas het ten tyde van sy ontvoering ʼn wit hemp, rooi broek en grys baadjie aangehad.

Dessie Rechner van die organisasie Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het Lucas se verdwyning aan Maroela Media bevestig.

Rechner het gesê die organisasie sal geen steen onaangeroer laat in die soektog na Lucas nie.

Enigiemand met inligting rakende die baba se verdwyning word versoek om die ondersoekbeampte, speursers. Beja, te nader by 082 522 1047/082 334 8416 of die Pink Ladies by 072 214 7439.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
LD

Joh! 4 dae later eers as vermis gaan aanmeld? Klink nie vir my reg nie!

Alida

1 jaar oud en sy mis hom eers VIER dae later !!!! Afgryslik.

NET EK

Mother saying she is not sure whom she gave the child to?? Hoe gee jy jou kind aan iemand wie jy nie ken nie???

Zettie

Sjoe……..as my kind ‘n halfuur weg is maak ek al geraas! Hoop die outjie word ongedeerde gevind.

Marinda

@Net Ek, presies wat ek ook gedink het.