Baba met steekwonde gevind

Argieffoto

ʼn Pasgebore babaseuntjie is gister met steekwonde dood in ʼn woonbuurt in Kimberley aangetref.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê die gru-ontdekking is Maandag op die hoek van Otto- en Van Renenstraat in Homestead gemaak.

“Die babatjie se liggaam is toegedraai in ʼn pienk handdoek, gordyne en ʼn blou en wit tafeldoek gevind. Sigbare beserings wys dat die baba twee steekwonde aan sy nek opgedoen het,” het die polisie gesê.

Die Roodepan-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met enige inligting na vore te kom wat die polisie in sy ondersoek kan bystaan. Bel ao. Thomas Ashley by 082 495 4625.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Penellope Jones ·

Liewe genugtig tog.
Wat op aarde is met mense verkeerd???
Het hul gedagtegang tot niet gegaan??

Liezl ·

Daar is altyd Hoop, as ons Hoop verloor, dan is daar niks meer oor nie. Die straf word tans in heel die wêreld uitgedeel. Ons moet onsself reg kry. Ons moet nader aan ons Vader kom, baie nader.

Haan ·

Nooit. God draai NOOIT Sy rug op Sy kinders nie. Dit is die land wat sy rug op God gedraai het. Toordery en ‘voorvader gees’ aanbidding is besig om hoogty te vier omdat ons, die Christene, te lamlendig geraak het om ons land in Gods-naam te verdedig. Mag ons gelouter word en mag ons weer terugkeer na die weë van ons godvresende voorouers

MYNHARDT ·

As dit nie ‘n teken is dat daar iets fout is met ons samelewing nie, wat is? Ons word nou vir nog groter mislukking opgestel. Terwyl ons hard bid vir hierdie sieltjie, moet ons nog harder bid dat die president se oë sal oopgaan na die komende verkiesing (indien hy nie nou bloot met strategiese beblanning/aksie besig is nie).

Leser ·

Ek is seker sulke gebeure is die heel laaste ding op ons president se brein…. wat ‘n tragiese einde vir die onskuldige kindjie..

Sandra ·

Sjoe wat n wreedaardige lafhartige daad van n baie siek mens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.