Baba met tuingraaf doodgeslaan

Argieffoto

ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die brutale moord op ʼn sewe maande oue baba. Die kind is Sondag in Duduza naby Nigel aan die Oos-Rand met ʼn tuingraaf doodgeslaan.

Die beskuldigde het klein Mbalenhle Ngwenya na bewering doodgeslaan omdat hy oortuig was dat die baba deur demone beset was, aangesien die kind aanhoudend gehuil het.

Ofentse Morwane, woordvoerder van die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid, sê die baba se ouma het die dogtertjie in die sorg van haar vriendin en dié se kêrel gelaat toe sy die middag na ʼn nabygeleë huis is.

Die vriendin het haar kêrel aangesê om vinnig ʼn ogie oor die kind te hou terwyl sy sap vir die huilende baba sou gaan kry, sê Morwane.

Toe sy terugkom, het sy die baba bewegingloos aangetref. Die baba het ‘n oop wond aan haar kop en ernstige beserings aan haar liggaam opgedoen.

Die kêrel is op die toneel in hegtenis geneem. Hy het aangevoer die baba wou nie ophou huil nie en hy het daarom gemeen dat sy deur demone beset is. Hy het ʼn tuingraaf gaan haal en die baba na bewering oor haar kop en lyf geslaan.

Die man sal na verwagting weer op 19 Februarie in die Nigel-landdroshof verskyn met die oog op ʼn borgtogaansoek. Hy sal tot dan in die Duduza-polisiestasie in aanhouding bly.

Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het dié voorval as tragies bestempel. “Hierdie voorval is tragies en een van die jongste barbaarse aanvalle op kinders in ons gemeenskappe in Gauteng. Voorvalle van dié aard moet ten sterkste veroordeel word.”

ʼn Mens se kultuur of oortuigings gee jou nié die reg om gewelddadig teenoor kinders op te tree nie, het hy bygevoeg.

Die baba sou vandag in Duduza ter ruste gelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Chris ·

Dit is siek verby! Riv kleine mensie. En mag hy vrot in die tronk.

Gemaskerde Sopbeen ·

Essie? Waar is die doodstraf nou? Het jy nie die berig gelees nie? Die doodstraf is elke dag in SA in werking………….Hier het ‘n ouma se vriendin se boyfriend dit op ‘n sewe maande oue baba toegepas!!!

Pikkie ·

@Gemaskerde Sopbeen… jy ken duidelik nie die definisie van doodstraf nie… wag ek help jou gou… volgens google: The judicially ordered execution of a person as a PUNISHMENT for a serious CRIME…

Daai babatjie het glad nie n misdaad gepleeg nie…

Abe ·

Gemaskerde sopbeen,
Jy ken nie die verskil tussen moord en doodstraf nie. Jy behoort glad oor dood te praat nie.

Tarien ·

Siek! Net nou die dag lees ons van n baba wat met n klip doodgeslaan is, dis om van naar te word

Bets ·

Waarom o, waarom het hierdie mense babas. Wie het hom die reg gegee om oordeel uit te spreek op ‘n 7 maande oue baba. Mag hulle tog glad nie weer ‘n baba in hulle arms vashou. Heer luister na ons kreed en ons hartseer in ons hart vir die mensie wat u geskape het, wat nie meer in ons wereld is nie, Ons weet sy wandel nou saam met al die engeltjies waar U oor hulle toesig hou, Amen

D B ·

Plik ek nou regtig ‘n traan. Die kind was 7 maande oud!

Daar is regtig nie meer hoop vir die mense nie. Dit was nie eers sy kind nie!

Lindtjies ·

Genugtig! Hy moet van die duiwel besete wees om so iets aan te vang.

Jennifer ·

Nee hemel…..ek het nie meer woorde nie….regtig!!! Wat de hel gaan aan met mense?!?

Bamsie ·

Sulke dinge maak my baie hartseer. Wat was die baba se laaste oomblikke. Ek dink die man was vol dwelms. Ek hoop hy boet.

Cherokee ·

Hulle hoef nie vol dwelms te wees om so boosaardig te wees, nie. Wanneer gelees word van die booshede wat op slagoffers toegepas word, is dit duidelik die duiwel is los. Daar was ook een wat ‘n baba teen ‘n vloer vas gesmyt het. Daar is bewerings dat babas soms geoffer word by sataniese byeenkomste. Mag God sy Hand van genade uitstrek.

Ai ·

Ai Bamsie vanwaar nou weer die dwelm verslawing? Eenvoudige bygelowigheid en dus al wat nodig is. Siek verby wens ek het dit nooit gesien nie

Hoe man ·

Ek moes my asem terug kry nadat ek dit gelees het… Weet nie eens hoekom ek dit gelees het nie…

Kolle ·

Hierdie berig is baie om te verteer, sjoe. Dankie Here dat daai baba nou veilig op U skoot sit.

LD ·

Met ñ graaf??? Wat gaan aan met die wereld!! Selfde vrae wat ek vra oor die arme kleintjie wat met ñ klip dood geslaan is….. Hoe op aarde doen enige iemand so iets….. Arme kind het dalk tande gesny, nie lekker gevoel nie daar is baie dingetjies wat fout kon wees, maar om die kindjie op so wreedaardige manier dood te maak gaan my verstand tebowe! In hierdie geval kon hy maar die kind in ñ kamer gaan toe maak het as die kind dan so geskree het tot die vriendin terug is (nie dat dit die regte ding is om te doen nie) maar dalk sou die kindjie darem nou nog gelewe het. Nou moet die arme kindjie begrawe word! Siek!!

HPV ·

En so skuil die tipe agter kultuur en hul eie oortuigings. Baie gerieflik. Mooi man! Elke dag besef mens die land is nog sieker en stukkender.

Nou verstaan ek ·

As dit die tipe van mens is wat ons n nasie mee moet saambou, is SA gedoem!

Poppie ·

Die ma los die baba by die ouma. Van ouma na vriendin. Van vriendin na die kerel. Terwyl hul aanpass, aanpass speel, sou dit nie beter gewees het as hy die game aangehou speel het tot baba weer na die ma aangepass is nie. My dogter los baie my kleinkinders by my. Nog nooit eers by my opgekom dat iemand anders net vir n minuut na hul moet kyk nie. Ek pas hul eintlik beter op as wat ek met my kinders gedoen het. Wil nie verantwoordelik gehou word vir die dood van iemand anders se baba nie. Nie dat ek nie mooi na my kids gekyk het nie.

Malanie Burger ·

EK stem. Die eerste vraag moet wees, hoekom was die baba by die ouma? Was dit ‘n geval dat die ma nie self na haar kind kan/wil kyk nie….. Hoekom het die ouma die baba by haar vriendin gelos? Baie vrae kan gevra word waarvoor ons NOOIT die antwoorde gaan kry nie…. My hart breek vir die kleine baba… Kan my nie die pyn indink waardeur die ou lyfie moes gaan nie….

Susan ·

Niemand wou na die kind kyk nie – nie die ma, nie die pa (waar die ook al mog wees), nie die ouma, nie die vriendin, nie die boyfriend nie – toe vat Jesus hom en nou is hy rustig.

jean ·

Sy is nou veilig en gespaar van al die boosheid in die wêreld wat nog vir ons voorlê….

VanAfrika ·

So sy moes dood geslaan word om veilig en gespaar in die hemel te wees en sy is dood geslaan om die boosheid van die wêreld vry te spring!!!!!! Regtig!!!

Lizelda ·

Ai, ai, ai!! 3 kinders een week wat ons van lees. Eers die baba in die stormwater drein, toe gister die ma wat haar 2 jarige met n klip doodslaan, en nou die arme arme kind. Hoeveel wreder wil volwassenes nie met kinders raak nie. Elke dag is dit net erger en erger en erger. Hoe wreder hoe beter vir hulle… Ek wens ek was President vd land.

Naar tot binne in my siel! ·

Ek het lank terug vir myself gesê ek gaan nie meer nuus lees nie.. en ek het nie!
..maar dan kom dit op een dag soos vandag waar ek so dankbaar is vir die reen en ek waag dit om nuus te lees in die hoop…!
Dan styer ek terug en word naar as ek besef ek was verkeerd!
Hierdie dinge gebeur NIE net in die swart nasie nie, dit gebeur oral.
Ons wit nasie is netso siek! Dit is almal.
HERE, asb help ons!

Manda Gordon ·

Wat my elke keer as so iets gebeur my kop laat skud, is dat hierdie en ander verskriklike goed “ten sterkste veroordeel” word uit verskeie oorde.
So die issue is aangespreek. Regtig???
Dit IS om van naar te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.