Baba met twee koppe sterf

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Baba wat met twee koppe in Nelspruit gebore is, is oorlede, het die departement van gesondheid in Mpumalanga Dinsdag gesê.

“Hy is oor die naweek oorlede,” het Ronnie Masilela, woordvoerder van die departement, gesê. Die baba was 10 dae oud toe hy by die Rob Ferreira-hospitaal gesterf het.

“Ek is nie seker wat dit veroorsaak het nie,” het Masilela gesê. Hy wou nie verdere kommentaar lewer nie, en het Sapa verwys na persone wat spesialiseer in misvormdheid. Hy het aan Beeld gesê slegs een van die koppe was funksioneel.

“Sy afsterwe hou verband met sy toestand. Sy ouers was geskok en ontvang ondersteuning en berading,” het Masilela gesê.

Normaalweg word ’n siamese tweeling geskei. ’n Siamese tweeling word gevorm wanneer ’n bevrugte eiersel verdeel om ’n tweeling te vorm, maar dié verdeling nie voltooi word nie. Sowat een uit elke 50 000 tot 100 000 geboortes is ’n Siamese tweeling. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.