Baba Mienke se ma: ‘Ons staan voor ʼn kruispad’

Verna en Mienke (Foto: Facebook)

Die 11 maande oue baba Mienke Mulder van Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga gaan Vrydag huis toe.

Verna Mulder, Mienke se ma, het dié nuus vandeesweek met aanhangers gedeel. Mienke voltooi dié week haar 16 weke lange behandeling in ʼn Johannesburgse rehabilitasiesentrum.

Verna het in ʼn inskrywing op die Facebook-ondersteuningsgroep vir Mienke gesê die afgelope vier maande se gebeure voel steeds onwerklik. “Ek dink nie enigeen kan mens ooit hiervoor voorberei nie. In my hart het ek geweet wanneer jy ontslaan sou word, sou jy sommer uit die rehabilitasiesentrum hardloop. Ek kon sien hoe ons huis toe gaan en jy met jou lagbekkie saam met jou sussies buite op die gras speel. Jou skopfietsie staan ook al reg. Ek het gehoop en ek het geglo, maar Mienks – hier staan ons voor hierdie kruispad van ʼn onbekende toekoms,” het sy geskryf.

Baba Mienke (Foto: Facebook)

Sy sê hoewel sy en haar man, Ryno, dankbaar is dat Mienke uiteindelik by hulle by die huis kan aansluit, is hulle ook senuagtig oor die vooruitsig. ʼn Spesiale versorger gaan na Mienke omsien. “Die Here ken my hart – ek het nie gedink ons sou voor so ʼn besluit moet staan nie. Here, ek weet ons tyd is nie u tyd nie, maar genees vir Mienke vinniger as waarvoor ons kan vra. Dis nie aldag maklik nie, en my hart breek in miljoen stukkies as ek na Mienke kyk.”

Mienke vier in Januarie haar eerste verjaarsdag. Verna sê die enigste geskenk wat hulle vra, is gesondheid. “Al wat ek vra, is ʼn gesonde dogtertjie met ʼn babbelbekkie wat die wêreld vol hardloop. Mienks – hang in there, my baby girl. Love [you] lots, my pop.”

Maroela Media het vroeër berig klein Mienke is op 25 Augustus na die hospitaal gehaas toe sy glo aan melk verstik het. Volgens mediese personeel was sy ʼn geruime tyd sonder suurstof. Sy is vir etlike weke in die hoësorgeenheid van ʼn Johannesburgse hospitaal verpleeg.

Mienke het verskeie behandelings gedurende die 16 weke by die rehabilitasiesentrum ontvang. Van dié behandelings het onder meer swemlesse ingesluit om haar spiere te help ontspan sodat sy meer beweeglik kan wees. Sy kry gereeld stuiptrekkings en sukkel oor die algemeen om te beweeg. Sy kan in dié stadium glad nie praat nie. Haar gesondheid is volgens dokters “baie op en af” en hulle kon steeds nie ʼn prognose oor haar toekoms maak nie. Die gesin het vroeër gevra vir gebede en vertel dat hulle vasklou aan hul geloof.

Die Facebook-blad Please Pray for Mienke gee daagliks meer inligting oor Mienke se vordering. Vir meer inligting besoek Please Pray for Mienke op Facebook.

Verna kon Woensdag nie telefonies bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Mags ·

Hemelse Vader genees asseblief vir Mienke in Jesus naam amen

Mrs.B ·

Wat ‘n pragtige klein mensie. Mag Liewe Jesus jou gou gesond maak pop.

Annelien ·

Here ek pleit saam met baie ander, wees klein Mienke genadig asseblief! Baie sterkte aan haar ouers, gesin en familie.❤

EH ·

Genadige Vader, ons pleit vir n wonderwerk soos net U kan verrig vir hierdie klein bondeltjie liefde. Raak haar aan Here, en genees haar volkome tot eer van U naam. Ons loof U en dank U byvoorbaat in Jesus wonderlike naam. Amen

Lena Jonk ·

Here Jesus ons vra U asb om hierdie ou pragtige dogtertjie gesond te maak dar sy ook geen letsels sal oorhou nie, ons weet kindertjies is U kindertjies en U is baie lief vir hulle. Versterk ook haar ouers dat hulle ALTYD aan U sal vashou.

Ouma Bertha ·

Verna – Mienke is sooooo pragtig! sy lyk soos ‘n waspoppie. Ons bid saam met julle vir volkome herstel soos nèt God kan!

MRS N ·

Liewe mamma, my hart gaan uit na jou en jou gesin toe. jy is baie sterk! Ek glo God sal van Mienke ‘n voorbeeld maak en haar herstel ten volle. Liewe Mienke, jy is so so mooi jy lyk soos ‘n pop jou ogies is mooier as ‘n reenboog, sterk word sussie die tannie bid vir jou.

Ruby ·

“Vader van hemel en aarde, ons trek ‘n laer om Mienke, raak daardie lyfie aan en seën haar en haar familie.

U is die Dokter van dokters, maak haar lyfie weer heel asseblief. Ons vra dit in Jesus se naam Amen.”

Isabel ·

Hemelse Vader by U is NIKS onmoontlik nie. Genees asb vir Mienke volkome. Ons vra dit in Jesus Heilige Naam. Amen.

Uvonka ·

Sy lyk soos ‘n porselein poppie op die foto. Liewe Jesus Mienke is U Engeltjie en net U kan haar volkome genees deur U wonderbaarlik krag en liefde.

ANNELIZE ·

Jeshua seen asseblief hierdie klein poppie, laat sy u liefde en genade ervaar met u geneesende hande om haar lyfie. Ons bid en vra dit in u naam. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.