Baba Mienke se ma ook in hospitaal opgeneem

Verna Mulder. Foto: Facebook.

Die Mulder-gesin, van wie een jaar oue Mienke Mulder tans in die waakeenheid van ʼn Gautengse hospitaal lê, is Vrydag deur nóg ʼn tragedie geruk.

Ryno Mulder, Mienke se pa, het op Facebook geskryf sy vrou, Verna (Mienke se ma), het Vrydagmiddag ʼn hartstilstand ondervind.

“Vrydag 23 Februarie, ek is dankbaar vir nog ʼn dag en soveel meer, soos enige Vrydag pomp die opgewondenheid om huiswaarts te keer in my, die 300 km kan nie vinnig genoeg verby kom nie. Aangekom tel ek die kids op en gesels liefs met Verna oor aandete en beplanning oordat sy nog by Mienke is by die hospitaal. Slegs 4 minute nadat ek met haar gesels het, kry ek ʼn oproep dat ek baie dringend by die hospitaal moet uitkom, want Verna se hart het gaan staan en hulle is besig met CPR. Ek kan my ore nie glo nie want ek het letterlik nou net met haar gesels.” [sic]

Ryno het Saterdagoggend aan Maroela Media vertel dat dit “nie goed gaan” met Verna nie. “Ek is nou op pad na die hospitaal. Ek het vanoggend met haar gepraat en sy het vir my gesê sy voel nie lekker nie.”

Mienke word tans in dieselfde hospitaal vir verskeie kwale behandel. Ryno verduidelik dat hulle vir Mienke voeding gee deur ʼn drup in haar nek omdat sy elke keer opbring wanneer sy iets eet.

“Haar voetjies was ook vir ʼn ruk in gips om dit mooi reguit te hou. Dis egter intussen weer af – sy hou glad nie daarvan nie. Hulle het nou ook vasgestel sy het nie ʼn refluks wat haar elke keer laat opbring nie.”

Mienke in die hospitaal. Foto: Facebook.

Op Facebook skryf Ryno: “Verna is opgeneem in die een saal, Mienke is in die gang af in die ander saal, ek vind myself in die gang stilstaan, net daar gaan sit ek en bid vir my 2 diamante. Verna hierdie man het jou nog baie meer nodig as wat jy besef, letting go on you is definitief nie op my lys van take nie – en sommer nooit nie. Sterk aan my skat, ek het genuine my sterre los geskrik. Jy moet rus, jy is net ʼn mens, jy moet rus kry.” [sic]

ʼn Ooggetuie het vir hom vertel dat Verna by Mienke was toe die voorval plaasgevind het.

“Sy het blykbaar net ineengesak. Sy was heeltemal blou; hulle het haar bygekry net voor hulle haar moes skok [met ʼn defibrillator].”

Maroela Media het vroeër berig klein Mienke is op 25 Augustus na die hospitaal gehaas toe sy glo aan melk verstik het. Volgens mediese personeel was sy ʼn geruime tyd sonder suurstof. Sy is vir etlike weke in die hoësorgeenheid van ʼn Johannesburgse hospitaal verpleeg. Die gesin het vroeër gevra vir gebede en vertel dat hulle vasklou aan hul geloof.

Die Facebook-blad Please Pray for Mienke gee daagliks meer inligting oor Mienke se vordering. Vir meer inligting besoek Please Pray for Mienke op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

KP ·

Here by U is niks onmoontlik laat baba en ma volkome herstel asb.

Sarel Strydom ·

Ek moet vanoggend my lop voor mens en God laat sal omdat dit met mu goed gaan masr ek kla. Sterkte aan die gesin. Glo & Vertrou.

Gesiggie ·

Jesus U wat die Vader is , wat kan Genees en heelmaak… raak vir Baba Mienke en Mamma Verna aan in Jesus naam… hoor die gesmeek van Ryno en verhoor ook sy Gebed… By U God is alles moontlik, laat U engele die Ma en Pa se 2 Diamante beskerm, sodat hul as n familie n bewys sal kan wees van wonderwerke. My gebede gaan uit na jul… Verna wees sterk , hou moed vir jou pragtigge klein baba Mienke.. Alle sterkte aan die gesin….ek voel jul seer

Lena Jonk ·

Ons le julle aan Jesus se voete neer Mienke en moeder. Jesus sal genees, ons moet net glo, Hy is Almagtig en alles is vir Hom moontlik.

Alete Muller ·

Ek kan net dink hoe moeilik dit vir hierdie ma en pa moet wees. My hart sou ook ingegee het. Mienke is die allermooiste pop en dis vir my die grootste tragedie. Jy is heel duidelik ‘n man en pa op wie enige vrou ongelooflik trots sou wees. Baie sterkte en spoedige beterskap vir jou twee diamante.

Mimi ·

BAIE sterkte Verna!! Rus goed dat jou hart kan herstel. Ook aan haar man Ryno, baie sterkte vir jou!! Julle is n positiewe gesin met n sterk geloof…dit sal julle dra. Ek hoop julle het gesinslede wat julle kan bystaan, want al die kindertjies het sorg nodig, terwyl die ouers baie spanning het. Hou moed. Ons hoop die dokters sal spoedig n oplossing vind vir Mienke se sluk probleem. Alle vrede en rustigheid vir julle wat elke dag biki vir biki aanpak.

C ·

Dankie tog dat sy alreeds by die hospitaal was toe dit gebeur het, sy kon nog oppad soontoe die hartstilstand gekry het dan sou niemand haar kon help nie. Bid vir julle.

Koeks ·

Nou praat jy… Dankie Here. Sterkte, liewe Pappa. Sit jou twee kosbaarste diamante in God se almagtige hande neer en kyk op. Julle is in ons gebede.

Sterretjie ·

Here raak asb nou vir Verna aan. Blaas asb nuwe lewe in haar liggaam siel en gees. Sy sal leef en getuig van U genade en grootheid. Versterk haar man en hou hom asb styf vas. Dankie Heer en amen.

Deloris ·

Ryno, ek bid dat die Here jou sal optel en dra in hierdie vreeslike moeilike tyd. Julle geloof is so geot en sterk, hou net vas daaraan. So baie van ons bid vir julle gesin en moenie jou oe van die Here laat afgaan nie.

Bossie ·

Verna, Ryno, julle bly mense. Jul sal hartseer wees maar tyd moet maak vir lag, julle moet daar wees vir Mienke en jul ander 2 engeltjies maar dit gaan net gebeur indien jul tyd maak vir rus en vir bietjie afleiding. Die tyd wat julle daarvoor neem is jul oorlewing om met Mienke hierdie pad ten volle te stap. Dis kosbare tyd en niemand met verstand behoort jul daarvoor sleg te sê of te verkwalik nie. Dit gaan die maak of breek van jul omstandighede raak. Daar is duisende mense wat bid vir “ons” babatjie want sy is nou volksbesit! Verna jy is die mamma en ek glo jy voel jy moet fisies 100% betrokke wees. Dit sal okay wees indien ‘n ouma, oupa, oom of tannie ook by haar is wanneer hul toetse doen. Jy sal daar wees vir die uitslag. ‘n Ouer bly geestelik 100% betrokke. God ken jou hart en Hy weet wat in jou gemoed aangaan. Gee dit ten volle vir God. Moenie jouself so straf nie en alles self probeer doen nie. Ryno, almal weet jy staan sterk. Dit is wat daarbinne aangaan waarmee jy moet “cope” want mans moet mos sterk staan en doen dit maar effens anders as vrouens. Kyk ook na jouself. God se belofte stel nooit teleur nie. Hy SAL help indien ons vra. Duisende buig hul knieë vir jul almal. Byt vas, GLO VAS, daar is ‘n God wat nie sal teleur stel nie! Sterkte!

Chantal ·

Bly mamma en meisiekind is nog gespaar. Glo hulle sal verbeter. Sal net graag wil weet of hulle al vir iets soos Brugada sindroom getoets is? Veroorsaak skielike hart stildtand en is gewoonlik oorerflik – werk in die kardiologie veld en het soortgelyke situasies al voorheen gesien. Bid net dat dinge nou vir die familie sal verbeter!

Isabel ·

Here in die Naam van U Seun Jesus neem ons nou U volmaakte genesing vir moeder en kind. Baie dankie. Amen.

Georgie Celliers ·

Kan iemand asseblief net vir my verduidelik wat staan die (sic) vir na elke paragraaf? my hart gaan uit na die gesin, hulle was al deur so baie, ons moet net aanhou bid en in die Here vertrou

Landi Slatter ·

Dagsê Georgie

Dankie vir jou navraag! Dit word daar geskryf om aan te dui dat dit die persoon (in dié geval Ryno Mulder) se direkte aanhaling is sonder enige redigering. Hoop dit klaar die verwarring op!

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Ansie Geldenhuys ·

Ons treur saam. Oupa en Ouma van ouers wat hul enigste seun aan die dood afgestaan het, is ons harte teer van kommer. Ons Glo en Prys die Here, want by Hom is enigiets moontlik! Sterkte aan die pappa wat sy las ook aan die Here gee. Daar sal krag na kruis vandaan kom.

Theresa Burger ·

Liefste Verna,
Jy is ‘n mamma duisend. Word gou gesond en mag die Here jou heel maak in liggaam en siel. Ek bid vir jou en Mienke, ek bid vir julle hele gesin. Mag die Here julle dra.
Theresa

Amanda ·

Here seen hierdie mamma en gee haar krag. So baie het haar nodig.

BOLANDER ·

Pappa Vader, by U is alles moontlik. Lê asb U hande op hierdie vrou , dogter en gesin.
Amen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.