Die kleuter Mienke Mulder (3) wat in Augustus 2017 as baba aan melk by ’n dagsorgsentrum verstik het en serebraal gestremd gelaat is, is oorlede.
’n Bron na aan Mienke se ouers, Ryno en Verna Mulder, het die hartseer nuus Woensdag op sosiale media bevestig.
Besonderhede rakende Mienke se dood is nie in dié stadium bekend nie.
Klein Mienke se storie het die afgelope paar jaar Suid-Afrikaners se harte aangegryp nadat sy op 25 Augustus 2017 na die hospitaal gehaas nadat sy glo by ’n dagsorgsentrum in Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga aan melk verstik het.
Mediese personeel het destyds verduidelik dat sy ’n geruime tyd sonder suurstof was en gevolglik serebraal gestremd gelaat is.
Mienke het oor die jare verskeie terugslae beleef. Dié terugslae het onder meer infeksies ingesluit.
Haar ouers het egter deurentyd gesê hulle klou vas aan hul geloof en glo dat hul dogtertjie, ondanks enige terugslae of slegte nuus van dokters, wel sal verbeter.
“My wens vir haar bly altyd dieselfde. Ek bid vir genesing en gesondheid. Ek bid dat God sy hand oor haar sal hou en dat sy net ’n gesonde baba sal kan wees,” het Verna in 2018 gedurende ’n onderhoud aan Maroela Media gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Ai tog! Innige simpatie
Baie hartseer. Ons dink aan die familie!
Innige meegevoel met die familie! Nou is Mienke gesond en perfek.
Dis so hartseer. Sterkte aan julle as ouers en mag Jesus julle toevou in liefde in die hartseer dae wat voorlê
Sulke hartseer nuus. Innige simpatie aan haar ouers en familie.