Baba Mienke sterf

Baba Mienke (Foto: Verskaf)

Die kleuter Mienke Mulder (3) wat in Augustus 2017 as baba aan melk by ’n dagsorgsentrum verstik het en serebraal gestremd gelaat is, is oorlede.

’n Bron na aan Mienke se ouers, Ryno en Verna Mulder, het die hartseer nuus Woensdag op sosiale media bevestig.

Besonderhede rakende Mienke se dood is nie in dié stadium bekend nie.

Verna en Mienke Mulder (Foto: Verskaf)

Klein Mienke se storie het die afgelope paar jaar Suid-Afrikaners se harte aangegryp nadat sy op 25 Augustus 2017 na die hospitaal gehaas nadat sy glo by ’n dagsorgsentrum in Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga aan melk verstik het.

Mediese personeel het destyds verduidelik dat sy ’n geruime tyd sonder suurstof was en gevolglik serebraal gestremd gelaat is.

Mienke het oor die jare verskeie terugslae beleef. Dié terugslae het onder meer infeksies ingesluit.

Haar ouers het egter deurentyd gesê hulle klou vas aan hul geloof en glo dat hul dogtertjie, ondanks enige terugslae of slegte nuus van dokters, wel sal verbeter.

“My wens vir haar bly altyd dieselfde. Ek bid vir genesing en gesondheid. Ek bid dat God sy hand oor haar sal hou en dat sy net ’n gesonde baba sal kan wees,” het Verna in 2018 gedurende ’n onderhoud aan Maroela Media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

Innige meegevoel met die familie! Nou is Mienke gesond en perfek.

Misky ·

Dis so hartseer. Sterkte aan julle as ouers en mag Jesus julle toevou in liefde in die hartseer dae wat voorlê

Skim ·

Sulke hartseer nuus. Innige simpatie aan haar ouers en familie.

Willemien ·

Ontsettende hartseer nuus. My innige simpatie aan haar ouers en sussies, ek bid dat God julle sal toevou in Sy liefde en julle sal dra in hierdie hartseer tyd. Mag julle vertroosting vind in Sy arms en al die mooi herinneringe. ????

Willem ·

Dit baie hartseer om ń kindcaan die dood aftestaan. Sterkte en ons bid vir julle

Blondie76 ·

Dis die hartseerste tyding ooit. Ek wens die ouers en 2 sussies alle sterkte toe. Ek dank hulle dat Mienke vir ons volks besit kon word en dat hulle haar met ons gedeel het. Mag hulle vertroosting vind en mekaar ondersteun soos die res van die land en wêreld agter hulle staan. Mienke my pop, sprei daai engel vlerkies, moet nooit ophou lag soos jy vir ons die laaste 3 jaar gelag het nie. Jou sprankelende persoonlikheid en lag vir mamma, pappa en jou sussies sal ons altyd bybly. Dankie dat ons die pad saam met julle kon loop. Moenie ophou om op haar fb blad te “post” nie, ek weet ons almal gaan haar baie mis maar gun haar die rus en dank haar vir die baklei.

Daleen ·

Jammer om dit te hoor maar waar die pragtige engeltjie van julle nou is is geen pyn en lyding nie. Dis net vir die mense wat lief is vir haar wat die hartseer nou moet aandurf en daarmee probeer saamleef. Hou julle in my gebede.

Thea ·

Rus in vrede klein engel. Jy was ‘n groot inspirasie vir baie mense.

Melanie ·

Ek het nie woorde nie.. so mooi familie.. so hartseer. Mag Jesus jul sterk hou . ai my hart is seer, ek kan nie eers myself indink hoe jul as ouers en familie moet voel nie… baie baie sterkte. en rus sag ou Mienke pop. Jy is en sal altyd baie spesiaal bly!!

Sandra ·

So jammer om dit te hoor. My innige simpatie aan almal wat lief was vir haar.

Daleen ·

Sandra kan ek asb net as ‘n ouer wat ook’ n kind aan die dood afgestaan het jou net reg help. Dis nie almal wat lief WAS vir haar nie dis almal wat lief IS vir haar. Mens IS altyd lief vir jou kind selfs in die dood.

Janine ·

My innige simpatie aan mamma, pappa, al die familie. Dis ongelooflik hartseer! Julle het almal so hard saam geveg. Sy rus nou sag..x

Ansie ·

My innige simpatie met Mienke se ouers, sussie en ander geliefdes. RIV kleine Mienke.

Cindy ·

Baie jammer om die slegte nuus te hoor. Sterkte en my innige meegevoel met die familie

Casper ·

Ag ek het hierdie hartseer verhaal van die begin af gevolg.Dit is om van te huil mamma en pappa.Mag liewe Jesus julle deur hierdie moilike tyd dra.Moet nie vra vra nie want julle gaan nie nou die antwoorde kry nie.Weet dat sy in God se parades saam met baie engel maatjies is.

Annelize ·

Dis bitter hartseer nuus, kan my nie indink waardeur Mamma, Pappa en haar sussies nou gaan nie. Maar weet net, Mienke dans, sing en lag alreeds onbeskaamd in die Hemel, weg is die lyding, die beperkinge van haar lyfie, die “fits” wat haar lyfie so verniel het. Sy is volmaak in die Hemel, en ek glo sy hardloop reeds die Hemel vol dat daardie bos donker hare, wat ek nog by geen ander 3jarige al gesien het nie, sommer so agter haar aanwapper.

Pappa Ryno en Mamma Verna, julle 2 het verder gegaan, en harder baklei vir julle kind as wat ek al ooit enige ouer gesien het. Berus julle in die wete julle het meer gedoen, en meer opgeoffer het, as wat menslik moontlik is. Julle is ‘n voorbeeld en ‘n lig in hierdie wereld, Mienke kon nie vir beter en meer liefdevolle ouers gevra het nie, sy het in haar kort lewetjie die beste liefde en sorg gehad wat ‘n kind kan he.

Simie ·

Baie sterkte aan haar mamma en pappa met die afsterwe. Sy los n groot leemte by elkeen se harte. Jesus hou julle styf vas.

Marius ·

Dit is baie hartseer om te hoor . Baie sterkte aan die ouers en familie in hierdie tyd .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.