Jhb-baba-moordsaak: Pa in hof

Marthinus Pelser. Foto: Facebook

Marthinus Pelser. Foto: Facebook

Marthinus Pelser, die Johannesburgse pa wat in hegtenis geneem is nadat sy babaseuntjie Saterdagaand dood in sy wiegie aangetref is, het Vrydag in die Roodepoort-landdroshof op ʼn aanklag van moord verskyn.

Pelser het aangedui dat hy van regshulp gebruik sal maak en om borgtog aansoek sal doen. Die staat sal die borgtogaansoek teenstaan. Ao. Karen Jacobs, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak is tot 22 Junie uitgestel. Pelser sal tot dan in aanhouding bly.

Maroela Media het vroeër berig Pelser is ná vier dae op vrye voet in hegtenis geneem nadat ʼn lid van die publiek hom in Honeydew opgemerk en die polisie in kennis gestel het. Jacobs het vroeër gesê Pelser het aanvanklik in sy motor probeer vlug, maar het sonder brandstof gaan staan en te voet verder gevlug. Die polisie het die gebied afgesper en hy is in Honeydew in ʼn veld vasgetrek.

Pelser se vrou, Bianca, het Saterdag omstreeks 19:00 van die werk af gekom nadat Pelser die dag na die egpaar se baba, Deon, omgesien het. Bianca het glo in die slaapkamer na Deon gaan kyk en sy liggaam in sy wiegie gevind waar dit in ʼn kombers toegedraai was. Hy het brandwonde aan sy lyf, kopbeserings en bloed aan sy gesig gehad.

Die polisie het nog nie die uitslae van die nadoodse ondersoek bekendgemaak nie.

Lees alle vorige berigte oor Marthinus Pelser op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Andrè Du Plessis ·

Hierdie is nou een geval waar hulle die sleutel moet weggooi, broer drank sal nou seker ook weer die skuld kry

HH ·

Baie hartseer vir die ma en familie en wens hulle sterkte vir die toekoms. Daar moes iets groot fout gaan in die ou se kop om soiets te doen aan ‘n weerlose baba.

Cathrine ·

Hier is waar hy vir die mensdom gegee moet word!! Ek hoop n baie honger rot kry jou in die hande!!!!!!!

Keet ·

Die sleg mens hoef nie bekommerd te wees nie, hy gaan sy borgtog kry as hy bereid is om te betaal tedanke aan ons tuimelende regstelsel.

Petro ·

Daar is ‘n spesiale plek in die hel vir gemors soos jy. Want ‘n “man” of “pa” is jy beslis nie!
Hoop iemand kom jou goed by in die tronk.
RIV klein engelkindjie jy het dit nie verdien nie ?

Cobus ·

Omdat die mens wat sulke dade pleeg beter beskerm word as die slagoffers sal dit bly toeneem. Reg word nie beskerm nie maar die erg versteurde mens. Straf die skuldiges behoorlik (doodstraf) en verseker sal onsinnige dade verminder

Erger ·

Ja en wat dit erger maak,die gemors het mos nou regte, nee flip man Mense Regte Kommisie, hoekom het hierdie 6 maande oue baba geen regte, ja hy het geen reg op die lewe gehad nie en dit is jul skuld,jul beskerm gemors soos die en nou kry hy regshulp wat deur die belasting betaler betaal word sonder dat hul n se het of dink julle die baba het dit aan homself gedoen, dit maak my sooo moe…..g hoe kan iemand dit regverdig?

Vlakvark ·

Hy kan vergeet van borgtog. Die feit dat hy gevlug het en sy vrou se kar gevat het tel teen hom.

Leon Pit ·

Harde arbeid vir die res van sy lewe. n Monster soos hy hoort in die Noord Pool waar die bere met hom kan afreken.

Gesiggie ·

RIP Klein baba…. Die Pa is die een wat die res van sy lewe met sy gewete moet saam leef…hy is die een wat aan God moet verduidelik… Sterkte aan Bianca… en mag hierdie man nooit weer naby jou kom… as hy so iets aan sy kind kon doen, is hy instaat tot enige iets…

Esme ·

Rip klein engeltjie. Moet asb nie verwys na die verskoning van n man as n pa nie.Hy is nie die naam pa werd nie!!!

Gerrie ·

As hy in Roodepoorthof moet gevonnes word sal dit nie kotter as drie jaar neem nie en hy sal loskom. Dit is die swakste landdroshof, met die luiste onopgevoede personeel in die Suidelikehalfrond.
My dogter kon in 40 verskynings, pf meer, in daardie hof, na meer as drie jaar nog nie soveel as een sent onderhoud vir haar drie kinders kry by ‘n man wat haar op ‘n daagliks basis aangerant het nie.
Moenie julle hoop op hulle sit nie, wonderwerke gebeur nie meer nie..

Snip ·

SWAK!!!!!
Ek moet eerlik sê daai hof is pateties hulle is onkundig en werk met moord sake net soos hul nou die borg tog aansoek van die gemors gaan hanteer wat 3 moorde in Krugersdorp geleer het!!!! Tyd dat die gemeenskap begin in tree en reg in eie hande vat, dalk sal daar dan iets gebeur, ek wens ek kan hom kry, hy sal bid hy was nooit gebore nie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.