Baba naby kliniek gelaat

Die baba na wie se ouers of naasbestaande van gesoek word. Foto: Verskaf

Die baba wat naby die kliniek gelaat is. Foto: Verskaf

Die Oos-Kaapse polisie het Donderdag ʼn beroep op die publiek gedoen om te help om die ouers of naasbestaandes van ʼn baba op te spoor wat onlangs naby ʼn kliniek in Ntabankulu, suid van Kokstad, gelaat is.

Volgens kapt. Mlungisi Matidane, polisiewoordvoerder, is die babadogtertjie, vermoedelik drie of vier maande oud, op 6 November deur ʼn verbyganger in Ntabankulu gevind.

“Die baba is omstreeks 18:30 tussen die geboue van binnelandse sake en die Ntabankulu-kliniek gevind. Langs haar was ʼn sak waarin ʼn handdoek, babakos en ʼn -bottel was.”

Matidane het gesê die baba is gesond, sterk en gelukkig. Sy is in die sorg van maatskaplike werkers in ʼn plek van veiligheid.

Enigiemand met inligting oor haar ouers of naasbestaandes word versoek om kapt. Mlungisi Matidane by 079 496 3344 of 073 184 7886 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jollie ·

Ek kan nie verstaan hoekom het mense kinders as hulle voor hulle heilige siele weet hulle kan nie vir die kleingoed sorg nie?? Regtig, kinders vra nie om daar te wees nie. Jy is in die vermoë om voorsorg te kan tref om nie swanger te raak nie. Ek wens so hulle wil die reel van China inbring dat mense net 1 kind per gesin mag hê, dan sal al hierdie dom mense wat hier rondloop weet hulle moet vir hulle eie kinders kan sorg!!!

Magdas ·

Sjoe. Sê nou niemand het haar daardie aand gesien nie. Dan moes sy heelnag daar gebly het. Dankie tog sy is betyds raak gesien.

Sarel Strydom ·

Keur nie haar optrede goed nie maar wys tog dat sy omgegee het. Beter as die wat Babas sommer in asblikke en riole stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.