Baba Nico: Beskuldigde nie in hof, lasbrief uitgereik

Baba Nico. Foto: Verskaf

Baba Nico. Foto: Verskaf

Mafsehediso Lisbeth Makashea, wat daarvan aangekla word dat sy haar voormalige werkgewers, Org en Anna-mi Linde van Welkom in die Vrystaat, se babaseun wat toe sewe maande oud was aangerand het, het nie Donderdag vir hofverrigtinge opgedaag nie.

Makashea was veronderstel om in die Welkom-streekhof te verskyn waar sy tereg staan op aanklag van aanranding met doel om ernstig te beseer. Dit volg nadat sy in Desember op video afgeneem is waar sy baba Nico, wat nou nege maande oud is, klap as hy huil, sy kop teen die vloer vasdruk en hom aan sy hempie optel. Sy word ook van diefstal aangekla.

Anna-mi het Donderdag aan Maroela Media gesê hulle is moedeloos omdat die verhoor uitgestel is. “Ons wil graag die saak afhandel sodat ons met genesing kan begin. Dit werk emosioneel erg op ʼn mens,” het sy gesê.

Sy het gesê dit gaan verder baie goed met baba Nico en dat hy al begin kruip.

Rudi Pottas, die egpaar se regverteenwoordiger, het ná die hofverrigtinge aan Maroela Media gesê ʼn lasbrief is uitgereik vir Makashea se inhegtenisname. Die saak is tot 7 April uitgestel.

Maroela Media het vroeër berig Makashea is in Desember in hegtenis geneem. Anna-mi het destyds gesê dat sy op 21 Desember saam met haar sesjarige dogtertjie gaan inkopies doen en ʼn handkamera in die sitkamer opgestel het waar Makashea na Nico omgesien het. Sy het ʼn slegte ondervinding met hul vorige huiswerker gehad het en wou vir haar eie gemoedsrus sien hoe Makashea haar kinders behandel wanneer sy nie by die huis is nie.

Die egpaar het strafregtelike klagte teen Makashea aanhangig gemaak nadat hulle die beeldmateriaal gesien het.

Makashea het op 23 Desember vir die eerste keer in die hof verskyn en is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Aanklaer Charmaine Labuschagne het ná Makashea se jongste verskyning op 24 Januarie gesê die staat sal aandring op die swaarste straf vir die misdryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Elfie ·

Verbaas dit my? Glad nie! Hulle “raak mos so weg” . Wat my WEL sal verbaas is as hulle haar ooit weer kry. En so kom nog ‘n krimineel weg. Mag ek verkeerd wees en mag hulle die ding gevang kry.

Piet Pompies ·

Die ene mev Mafsehediso Lisbeth Makashea het nogals na die aanranding en ontslag by haar werkgewer ‘n klag van onregverdige ontslag aanhandig gaan maak. Nogal vermetel en nou daag sy nie op vir haar eie verhoor. Misdaad teenoor kinders is ernstig, die mensies kan hulle self nie beskerm teen monsters, die straf moet ook die oortreding regverdig.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek wonder of hierdie barbaar nog in die land is . Hoop nie dat sy oor die grens gevlug het nie want dit is mos deesdae vir hulle so maklik .

Pierre Celliers ·

Hoekom sal sy hof toe kom, sy is mos onbetroubaar bewys! Sy ken ook nie die implikasies indien sy nie opdaag nie, iemand moes vir haar verduidelik het!

Vic ·

Maar plaas haar foto, wed jou sy werk al klaar iewers anders met iemand se kinders…..

Swanna ·

Al wat sy gaan sê is, Eish sorry, mistake. Dan moet almal dit maar aanvaar en aangaan met die lewe as sy ooit opgespoor gaan word.

ladybug ·

As dit my kind was het ek sal haar gaan soek, en as ek haar kry voor die polisie doen, gaan meer as die poppe dans!

Riaan Slabbert ·

As dit My kind was, het ek in die eerste plek nie die polisie betrek nie. Sou haar agtervolg het waneer sy loop, en haar DOOD gery het, en gese het, Sorry …was an accident.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.