Baba Nico: Huiswerker weer in hof

Baba Nico. Foto: Verskaf

Baba Nico. Foto: Verskaf

Mafsehediso Lisbeth Makashea, wat daarvan aangekla word dat sy haar voormalige werkgewer se sewe maande oue baba seuntjie aangerand het, het Dinsdag weer in die hof in Welkom in die Vrystaat verskyn.

Makashea staan tereg op aanklagte van aanranding met doel om ernstig te beseer nadat sy in Desember op video afgeneem is waar sy glo baba Nico klap as hy huil, sy kop teen die vloer vasdruk en hom aan sy hempie optel. Sy word ook van diefstal aangekla.

Sy het in die dorp se hof vir seksuele misdrywe en relevante aangeleenthede verskyn. Staatsaanklaer Charmaine Labuschagne het aan Maroela Media gesê die saak is tot 18 Maart uitgetel vir verdere ondersoek. “Ons wag nog vir die polisie se tegniese dienste om die beeldmateriaal te ontleed,” het Labuschagne gesê. “Hulle sal ook skermskote in ʼn skyfieformaat beskikbaar maak wat ons saam met die bewyse gaan indien.”

Sy het gesê die staat sal aandring op die swaarste straf vir die misdryf, naamlik 10 jaar tronkstraf.

Maroela Media het vroeër berig Makashea is in Desember in hegtenis geneem.

Nico se ma, Anna-mi Linde, het destyds gesê dat sy op 21 Desember saam met haar sesjarige dogtertjie gaan inkopies doen en ʼn handkamera in die sitkamer opgestel het waar Makashea na klein Nico omgesien het. Sy het ʼn slegte ondervinding met hul vorige huiswerker gehad het en wou vir haar eie gemoedsrus sien hoe Makashea haar kinders behandel wanneer sy nie by die huis is nie.

Linde en haar man Org, het strafregtelike klagte teen Makashea aanhangig gemaak nadat hulle die beeldmateriaal gesien het.

Makashea het op 23 Desember vir die eerste keer in die hof verskyn en is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Petro ·

Swaarste straf naamlik 10 jaar tronkstraf WHAT A JOKE!!Is dit wat ons kinders se lewens werd is regtig???Ja klein Nico het als oorleef maar hy sou n goeie voorbeeld van swaar tronkstraf gewees het sodat mense twee keer dink voor hul ONS kinders seermaak.Ek wens regtig die doodstraf wil terugkom net vir kinders en oumense hul is so hulpeloos..

Chivago ·

Swaarste straf moontlik – 10 jaar!
Net gister is ‘n man 80 jaar gevonnis vir VEE diefstal??????
Dit maak net nie sin nie…

CHRISTA ·

Dit lyk of diere se lewe van meer waarde in ons land is as ‘n mens s’n. Wat ‘n skande!!

Dagga ·

Nee nee nee mense dit maak absoluut geheel en al sin… Die land word regeer deur n klomp anc clowns….hoe kan jul verbaas wees??

Albert marais ·

Wat ‘n grap!! was dit andersom – sou enige wit persoon lewens lank kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.