Baba, nog 10 sterf ná bakkie rol

Argieffoto

Argieffoto

Elf mense is dood en sewe beseer nadat ʼn bakkie Sondagmiddag in KwaZulu-Natal gerol het.

Zinhle MngomeZulu, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse padverkeerinspektoraat, het Maandag gesê die ongeluk het op die D1079-pad, sowat 10 km buite Harding plaasgevind.

“Agtien mense het in ʼn Isuzu-bakkie met Ladysmith-nommerplate gery toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en dit verskeie kere gerol het,” het MngomeZulu gesê.

Tien vroue, onder wie ʼn driejarige kleuter en drie maande oue baba, is op die toneel dood verklaar.

Sewe mense is in ʼn ernstige toestand na die St. Andrew’s-distrikshospitaal geneem vir behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

TM ·

Agtien mense IN ‘n Isuzu bakkie? Seker vyf voor as dit ‘n dubbelkajuit is en dertien agter. Maar nog steeds baie, goeiste aarde!

Wiebo ·

“Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek” Wie flous wie om die ongeluk te ondesoek? 18 Mense op n bakkie? Duh!!!

Wern ·

Nie net oorlaai nie maar spoed ook, hoe spoed om tien keer te rol. Wat n skande dat lisensies gekoop kan word, en dat sulke roekeloosheid op die pad toegelaat word. Dit is net nog bloed aan die ANC se hande.

JoeV ·

Oorsaak word.ondersoek. 18 mense een bakkie. Opgelos klink my.

CHRISTA ·

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek!!! MAGTAG kan ons Metro Polisie nie duidelik aflei dat dit as gevolg van OORLAAI van ‘n voertuig is nie? Moet ‘n mens vir hulle die prentjie teken EN ook INKLEUR??!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.