Baba Norton-parool: ‘Hoekom moet hulle ʼn tweede kans kry?’

Jordan Leigh Norton. Foto: Facebook

Jordan Leigh Norton. Foto: Facebook

Die familie van baba Jordan Leigh Norton, wat in Junie 2005 grusaam vermoor is, gaan hof toe om die paroolaansoek van twee mans wat tronkstraf uitdien vir die moord teen te staan.

Zanethemba Gwada en Bongkinkose Sigenu se aansoek sal op 17 Junie in die Paarl-landdroshof aangehoor word. Die twee is saam met Dina Rodriques, die meesterbrein agter die moord, Sipho Mfazwe en Mongeni Bobotyane skuldig bevind aan die moord op Jordan.

Rodrigues, Mfazwe en Bobotyane is elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord. Mfazwe en Bobotyane is tot ʼn verdere 10 jaar tronkstraf elk gevonnis vir gewapende roof. Gwada en Sigenu is tot 15 jaar tronkstraf elk gevonnis vir hul aandeel in die moord en rooftog.

Die ses maande oue Jordan is met ‘n mes in die nek gesteek.

Die Norton-familie wil egter nou keer dat Gwada en Sigenu ná 10 jaar agter tralies op parool vrygelaat word. Vernon Norton, Jordan se oupa, het aan News24 gesê die mans verdien nie om vroeër vrygelaat te word nie. “Die feit dat hulle nog leef is hul tweede kans. Die mans het nie ʼn motor of ʼn TV gesteel nie, hulle het ʼn baba se lewe geneem,” het hy gesê.

“Die persoonlike en emosionele trauma wat ons deurgemaak het, is onbeskryflik. Hulle sal eendag uit die tronk kan stap en hul lewens kan leef. Ons sal nooit vir Jordan terugkry nie.”

Die moord op Jordan in die familie se huis in Lansdowne het skokgolwe deur die land gestuur. Rodriques is daarvan beskuldig dat sy die vier mans gehuur het om die moord te pleeg en hulle R10 000 betaal het. Jordan was die dogter van Natasha Norton en Neil Wilson, Rodriques se kêrel.

‘n Facebook-groep is intussen gestig om die publiek aan te moedig om te sê waarom die twee mans agter tralies moet bly. Mense word aangemoedig om ʼn e-pos te stuur na [email protected] oor hoekom hulle glo die twee moordenaars moet parool geweier word. Die briewe sal tydens die paroolproses voorgelê word.

Vernon het gesê hoewel dit al 10 jaar is sedert die moord op sy kleindogter, is die pyn steeds rou. Hy het gesê die veldtog is nie net vir sy gesin nie, maar ook vir ander kinders wat seergemaak of vermoor is. “Die wonderlike terugvoer wat ons al gekry het, wys hoe die samelewing voel oor mense wat die weerloses teiken. Dit is almal van Constantia tot Khayelitsha. Daar moet geen oorweging wees vir vroeë parool vir mense wat hierdie soort misdade pleeg nie. Hulle slagoffers kry nie ʼn tweede kans nie – waarom moet hulle?”

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Adel ·

Een wat bereid is om moord te pleeg vir so min geld, hoort nie op straat nie. En een wat bereid is om ‘n baba vir enige hoeveelheid geld te vermoor, behoort gehang te word!

Berhalet Beukes ·

Niemand wat ‘n baba “op bestelling” vermoor of laat vermoor verdien ‘n tweede kans nie. Inteendeel, die doodstraf sou ‘n meer gepaste straf vir hierdie gewetenlose, sielsiek kriminele gewees het! Hoe arrogant van hulle om selfs daaraan te dink dat hulle geregtig is op parool!

Annemarie Zandberg ·

Volgens my word daar te veel moorde gepleeg en vir die gereg is dit ltk vir my reg. Iemand wat n moord pleeg moet permanent verwyder word uit die samelewing uit….dan sal daar dalk minder moorde gepleeg word…..hoe werk dit????? Van wanneer af is verkeerd reg. Solank dit die geval is sien ek geen toekoms in Suid-Afrika vir enige ras nie….want alle rasse word vermoor.

Joe64 ·

Interesant dat nadat mens se belasting betaal is dit verwag word dat daar onkoste aangegaan moet word vir die behoud van geregtigheid. Doen ons iets verkeerd? Betaal ons belasting aan die verkeerde mense, of het die reg maar net nog ‘n geld-put geword waarsonder mens kan klaar kom?

Ronelle ·

Nee hle moet bly waar hle is,sy is ver altyd weg,ha ouers/ouma/oupa,kan ha nie sien skool gn nie,nie matriek toe gn nie,nie trou en kinders kry nie,als is weg en dit uit Jaloesie,bring doodstraf terug dat dai ouers ook kan voel hoe dit voel om n kind te verloor,dis die mees einaste pyn wat da kan wees want jou hart gn saam jou kinders dood

Dirk Crafford ·

As hulle die doodstraf gekry het was daar nie nou gepraat word van parool nie.

EMK ·

Ek hoop almal wat hier kommentaar lewer gaan asb e-pos stuur sodat hierdie parool gestop kan word. Kry sommer jul vriende en familie ook betrokke – onthou dit alles word in ag geneem met die aansoek! Gee egter sinvolle bydraes sodat dit help!

SUSAN SCHUTTE ·

Indien hulle vrygelaat word is die kanse goed dat hulle net weet sal moor. Iemand wat ‘n ongeskuldige kind vermoor het geen gewete nie.

EMK ·

Susan – stuur ‘n epos dan help jy hul agter tralies hou. In die berig is die e-pos adres! Jy hoef presies net te sê wat jy hier gedoen het. Hoe meer mense dit doen hoe beter is die kanse dat gehoor gegee sal word. Vra sommer al jou kollegas/vriende/familie om ook te stuur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.