Baba ontslaan ná slangpik

Die slang wat die seuntjie gepik het. Foto: Verskaf

Die slang wat die seuntjie gepik het. Foto: Verskaf

ʼn 10 maande oue baba wat verlede maand deur ʼn Mosambiekse spoegkobra gepik is, is uit die hospitaal ontslaan.

“Die mannetjie is ontslaan en hy doen baie goed. Sy wond word elke tweede dag behandel,” het Berdine Venter, ʼn maatskaplike werker van die NG Welsyn Zeerust, aan Maroela Media gesê.

Die baba is ʼn pleegkind en woon saam met sy pleegouers op ‘n plaas in Noordwes. Hy is op 17 Desember in sy bababedjie gepik. Die slang het vermoedelik deur die grasdak in die huis beland. Die baba was vier maande oud toe hy uit sy biologiese ouers se sorg verwyder is.

Lees alle vorige berigte oor die spoegkobra op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Martie Schutte ·

Fantastiese blad om op datum te bly met alles in Afrikaans

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.